Tegnies gesproke trek ons nou by 34 voorstelle vir last-minute krismis presente as jy ons vorige artikel in ag neem. Hier is die res van ons lys van items wat tans in stock is by Kalahari, indien jy een van daai mense is wat shopping malls verpes. Die ander cool bonus (vir Watkykjy) is dat ons ‘n beskeie geldjie maak waneer jy deur ons links ietsie aanskaf.
TV’s, electronics en what-whats
Oor die afgelope 2 of 3 jaar het ek nou al drie TVs online gekoop. Dit word redelik cheaper, maar maak mens nogals befok as jy sien hoe goed cheaper word terwyl jy meer daarvoor betaal het ‘n jaar of wat terug.
Hier is die drie wat ek gekoop het:
Sinotec 19″ HD Ready Slim LED TV – R1399
Moenie dat “HD ready” jou afskrik nie. DSTV broadcast al jare lank teen “HD ready” quality wat 720p is, so jou untrained ogies gaan fokol verskil agterkom nie. Ek gebruik dit in elk geval nie as ‘n TV nie, maar as ‘n tweede screen saam met my PC wanneer ek video editing doen. As een van my ander TVs kak, het ek ‘n kleintjie vir ‘n backup. Met een HDMI input is dit ideaal vir ‘n PC screen, ‘n tweede TV of iets wat jy saam met jou Xbox of Playstation kan gebruik in jou study, bar of spaarkamer.
Samsung 32″ HD LED TV – R2899
Hierdie was absoluut ‘n fokken grudge purchase gewees want dit moes die een vervang wat ek buite teen die muur by my bar gemount het. Soos ‘n naïwe doos het ek geskiem dat ek hom permanent buite kon los. Dit het fokken twee weke lank gehou. Al wat ek oorhet van die vorige TV is CCTV footage van ‘n skelm kont wat met hom op sy rug oor my muur klouter. Die nuwe een word nou in ‘n kamer gebêre en uitgehaal om buite rugby te kyk op die tweede decoder terwyl my tjommies se kinders roomys en kak op my couches mors en cartoons kyk op die nice TV binne en die grootmense flesvat en vir Morne Steyn in sy ma in vloek.
JVC 55″ Full HD LED TV
Die JVC 55″ full HD LED TV maak my seker die kwaadste van al my electronics. Ek het hierdie een se boetie, die 3D TV. Dit was poesduur gewees toe hy net uitgekom het (net oor die R20k) en nou gaan hy (sonder 3D) vir agt grand. Fok 3D! Jy het dit nie nodig nie. Dit was ‘n novelty vir die eerste drie maande gewees en nou gaar die brilletjies stof op. Jissis. Maar dit is nogtans ‘n poesnice TV. #WitmensProbleme
Samsung 5.1 DVD Home Theater System – R1199
As jy OK is daarmee dat hy DVDs speel is hierdie ‘n great koop. As jy sy boetie soek wat 3D BluyRay disks speel (soos wat ek het), gaan jy seker so R400 ekstra moet hoes. Ek het al so paar klein surround sound systems gekoop in my lewe en hierdie een se sound vir die prys is unbeatable. Wat funny is, is dat hulle “karaoke” as ‘n feature adverteer. Wiedefok wil dit doen? Hallo, Wes-Rand? Nog ‘n tip: as jy enigsins brackets wil koop om enige surround sound system se satellite speakers teen jou muur te mount, kyk mooi rond – die goed is fokken poesduur.
Crosley Cruiser 3 spoed turntable – R1499
Vinyls het ‘n moerse comeback gemaak en ek oorweeg dit om ‘n nuwe LP player te koop. Ek het een van daai ION turntables en dis ‘n stuk kak wat ek vir R900 gekoop het ‘n ruk terug. Die arm sukkel soms om te drop en hy het deesdae die balans van Khulubuse Zuma op ‘n roeibootjie as jy nie 50 sent op sy kop sit nie. Die Crosley Cruiser is heeltemal portable (vir damduikers soos ek en my pelle) met ingeboude speakers, lyk nogal stylish met sy tassie vibe en hy het RCA outputs as jy hom in jou groot sound system wil inplug. Hy kom ook in pienk uit as jy ‘n chick is. Of ‘n ou wat net George Michael in jou collection het.
iRig Ultra Compact Microphone – R458
Moontlik die kleinste stukkie tech en een van die gunstelinge wat ek besit. ‘n Microphone wat inplug by jou iPod, iPhone of iPad. Ek gebruik baiekeer my iPhone saam met die iRig waneer ons bands interview of as ‘n tweede audio feed wanneer ons filming doen. Vir laasgenoemde is dit een van die goedkoopste oplossings. Gebruik hom om kakboring lectures op te neem, live bands skelm te bootleg by concerts of waarvoor jy gewoonlik jou iPhone se recorder gebruik: om jou poepe te record en vir chicks te email.
Notebooks / Laptops – R4999
Hier is die vinnige antwoord: R5k is ‘n fair prys vir fair specs. My Dell hardloop nou al vir sewe jaar lank sonder enige kak. Destyds het hy R8k gekos en nou kry jy min of meer dieselfde waarde (met meer specs) vir R3k minder. Vir ‘n dag-tot-dag rekenaar wat jy gebruik vir die basics soos porn, e-mail, kantoorwerk, internet en multimedia is ‘n Core i3 notebook met 4gb memory en ‘n 500gb hard drive meer as genoeg. Jy kan even iets soos Photoshop heel gemaklik hardloop. En vir daai specs kan jy vir either die Dell of die ASUS gaan teen dieslfde prys. As jy ‘n gaming laptop soek, kyk gerus na die ASUS se groter boetie met 16gb RAM en Core i7 vibes – ek het hom gekoop vir video editing en dis ‘n fokken monster, net poesduur. Darem nie so duur soos ‘n fokken Mac nie. Ek het aanvanklik ‘n Macbook Pro gehad vir video editing maar dis kakduur hom hulle te upgrade tot hulle ceiling level, toe gee ek hom vir Chopper. Kapenaars fokken love dit mos om Facebook op Macs te lees en craft bier te drink. Of videos van mans wat mekaar trilsmul.
Vir kinders en grootmens-kinders
Mega Blast 4×4 RC radio controlled karretjie – R2239
Twee jaar terug het ek vir myself ‘n professional drone met 4 propellors gekoop. Die outjie kan 110km/h vlieg en het ‘n housing om ‘n GoPro vas te maak wat met vibration dampeners en what-what. Jy kan op Google Earth sy flight path plot en hom tune waar om te vlieg en waar om te land. Auto-land? No problem. Die probleem? Ek is ‘n fokken dude en dudes lees nie die fokken manuals nie. Dis die vinnigste wat ek ooit van R20k onstlae geraak het. Ek het hom in sy poes in ge-crash, nuwe parte bestel en het hom nog steeds nie gefix nie, omdat ek te bang is. En omdat ek ‘n stupid poes is. Dis dalk tyd om eerder eers op die grond te begin. Hierdie 4×4 outjie mag dalk net die ideale speelding wees om met ‘n GoPro rond te fok sodra mens al daai silwer kazozpype en toeters afbreek.
Drie meter trampoline – R1999
Ek weet nie baie van kinders of laities af nie, maar ek weet dat hulle vir ure lank soos Duracel bunnies tekere gaan as jy ‘n trampoline voor hulle neersit. Dis wat ons vir die klein nephews gekry het verlede jaar vir krismis en die ding hou nog steeds. Hou net vetgat mense van die ding af weg, want hy kan net 100kg op ‘n slag handle. Dis een grootmens of tien klein sjineses kinders. Of twee moerse nice chicks in bikini’s wat hulle tiete laat bons.
Raceway water slide – R334
Hierdie jaar kry gelukkige tjommies en familie met kinders hierdie outjies van my af. ‘n Vyf meter lange water slide. Fokken bargain. “O, jy het 3 kinders? Nice, ons het R100 per kind spandeer. Hier is vir jou ‘n slip-en-slide. Hoop nie die fokkers trap modder in jou huis in nie. Jou probleem. Cheers!” Buitemuurse aktiwiteite vir zefgatte en marabse
Lag vir die rykgat bure met hulle fancy swembad, want hulle spandeer omtrent R300 per maand op chloor en ander chemicals. Jy kan ‘n mobile swembad koop vir R559. Sure, jy kan nie regtig bommies of back summies maak in jou nuwe swembad nie, maar as jou goose regop staan in die outjie, steek haar seksie naeltjie en haar boobs uit. Dan gaan die buurman oor die muur loer en wens hy het ook een gehad. Nie lus vir swem nie? Maak hom vol water en ys en laai hom vol drank. Dis steeds groter en cheaper as ‘n cooler.
Weber 57cm Mastertouch – R3339
“Hierdie is die fokken Rolls Royce van braai” het jy al moontlik by ‘n tjommie se tjommie se nefie se huis gehoor terwyl die bra die kole rondkrap met die tang en die bier in die een hand en sy ballas rondskuif en verstel en dan aan sy two-tone hemp afvee met die ander hand. Ek het altyd geskiem gas is die antwoord en het my fancy R4k Cadac patio master deur my gat getrek. Ek mik weer kole se kant toe en hierdie outjie is hoog op my lys.
Coghlan’s Non-Stick Camp Griddle – R295
Hierdie prentjie is totaal en al die verkeerde setup vir die griddle. Wie wil worsies en spek en eier maak oor ‘n vuur of ‘n gasbraai? Het hulle nog nooit gehoor van ‘n chinese braai nie? Klap hom 80s style, man. Chinese braai is die antwoord. As jy nie weet wat dit is nie, vra iemand uit die 80s uit, of enige iemand van Vereeniging af.
Cadac Fish Griller
Onlangs ‘n vissie uitgetrek langs die dam terwyl jou goose en haar hot niggie lê en tan met brake fluid en Nicholas Louw luister? Surprise hulle met jou next level braai skills en klap daai baber wat jy gevang het oor die kole. Net so fokken grote! Teen 99 skille behoort jy eventually verby die prys van foeilie te sluip.
Kampstoel met ingeboude cooler boks – R200
As daar nou een ding is waarvan ek ses kort, is dit kampstoele met cooler bokse wat onder jou poeflobbe hang, of soos wat mense in Pretoria-Wes dit noem – ‘n duursame sitkamerstel. Dis rofweg vyftig bucks cheaper as gewone camping chairs. Dit maak net sin.
Karcher K1.100 High Pressure Cleaner – R699
Ek sal elke jaar die Karhcer pressure washers aanbeveel tot myne eendag kak. Elke huis moet een hê. Hulle gaan vanaf R700 tot omtrent agt grand, maar die kleintjie behoort die job heel goed te doen. Kyk hoe spuit hierdie stupid poes met die chinos en die strepieshemp sy duur bergfiets af. As jy met hierdie meneertjie werk moet jy ‘n fokken swembroek en plakkies dra, bra. Jy werk met water, nie met nat drome nie. Fokken nool.
Fotografie en so aan
Canon EOS 650D Ultimate Bundle – R8561
As jy daaraan dink om fokken nice foto’s of videos te neem, is hierdie die regte tool vir jou. Fok die Canon 700D specials wat lyk of dit goedkoper uitwerk – dit doen nie. Die 700D is ook die model een op van die 650D af en hier is die verskil tussen die twee: obsoluut fokol. Die nuwe model bied fokol extra – gaan lees dit maar op. Toe ek die 650D ‘n jaar of wat terug gekoop het, moes ek net onder die R11k uitkak vir die bundle special. Hierdie kamera is die fokken besigheid, ou pellie. Ons het hierdie hele video uitsluitlik met die 650D geskiet:
Rode Video Mic Go – R1099Nogge gevaarlike outjie in ons arsenaal is die Rode video mic. Ons gebruik nou wel die duurder “Pro” version, maar hulle is baie naby aan mekaar. Jy plug hom by enige DSLR of video kamera in wat ‘n mic input het en jy’t befokte sound en word about fokol deur die wind gepla. Jy kan hom even by jou smart phone se mic jack inplug en die gedoente om ‘n besemstok vasmaak met duct tape as jy ‘n quick fix soek vir ‘n boom mic wat sound apart opneem. Die ingeboude shock mount maak ook seker dat jy nie ekstra “handling” noise optel nie. Inderdaad ‘n kief klein motherfuckertjie, hierdie.
Fotografie light kitOngelukkig het ons te laat op hierdie stel afgekop en ‘n duurder een gekoop wat effens minder doen. Die specs op hierdie kit is fokken verbysterend. Ons gaan nie alles hier lys nie, maar gaan lees gerus op daaroor.
Hierdie is tipies ‘n tweede stap vir mense wat meer ernstig begin raak oor filming / fotografie, maar kom ons skep gou vir jou ‘n scenario wat jy dalk fokken goed ken:
Het jy al gesien hoe chicks wat ‘n maand na hulle ‘n baba uit squeeze ewe skielik besighede begin wat fokken baba-related is? Asof niemand nog ooit op aarde baba’s gehad het nie. Van “educational” baba-speelgoed besighede tot “hierdie nappies wat fokken beter is as enige iemand anders se nappies” en dan die heel favourite: fotografie. Skielik het elke tweede chick met ‘n kamera en ‘n kind op die heup ‘n Facebook besigheid wat baba’s in groot waatlemoene, op wit beddegoed, in blimemmers of saam met Golden Retriever puppies afneem. Jy kry ook die tipes wat “spesialiseer” in kinderpartytjies. Wat doen die mans in hierdie verhoudings? Hulle gee maar op en koop kamera’s en kak sodat vroulief “haar droom kan volg”. Nouma sharp, ou bees. Koop dan die kamera hierbo saam die light kit of sy cheaper weergawe vir R7759 en hoop dat mamma jou R15k investment in haar “besigheid” sal kan terugwerk. Passop net vir kompetisie daarbuite. Daar is baie baba’s en hulle hou net aan kom…
GoPro chest Harness – R378
Ek gaan maar net hoop en bid dat my cherrie vir my ‘n GoPro chest harness koop vir krismis, want ek weet nie waddefok ek met myne gedoen het nie. Ek dink die laaste keer wat ek hom gesien het was toe ek hom aan my Rottweiler vasgemaak het en deur die tuin laat hardloop het…
Watkykjy staan op 3,048,168 post views in totaal sedert 1 November, 2019.