As jy nou nog nie besluit het wat om vir Krismis te koop nie, is dit nie te laat nie. Hierdie een is vir die bra’s en tjerries wat daaraan dink om in 2015 so bietjie met musiek rond te fok en dalk ‘n band op die been wil bring, al is dit net ‘n gragage band. Dis maar waar almal begin. Ons het so bietjie op Kalahari gaan rondkrap en op ‘n paar piele idees afgekom. Al die items wat ons lys ship binne 48 uur en word deur ‘n courier afgelewer teen geen ekstra charge, so jy kan nog jou Krismis deadline maak. Sommige van die items het ons self ook aangeskaf oor die laaste paar jare en dit word aangedui waar dit die geval is.
Ibanez IJRG200-BK Jumpstart Electric Guitar Pack, Black (R3799)
Ek wens hierdie special was so paar jaar terug beskikbaar, want ek is die tipe ou wat like om rond te fok met musiekinstrumente en so bietjie ‘n jam session met my tjommies te gooi. As jy ‘n beginnier is, het jy nie veel meer nodig as hierdie Ibanez bundle nie. So ses jaar terug het ek omtrent R12k gedrop op die Ibanez guitar en Line 6 amp wat ek graag wou gehad het, maar in alle eerlikheid pas my my skills nie by die prys nie. Vir R3800 kry jy al hierdie kak one shot, afgelewer:
Electric guitar, 10W amp, gig bagg, electronic tuner, headphones (om nie die bure in jou woonstelblok te pla nie), guitar Strap, cable, picks, accessories Pouch.
As bass meer jou thing is in jou nuwe garage band, is daar ‘n Ibanez bass special ook met presies dieselfde accessories. Nogal ‘n rooi ook.
Vir marabse wat by Oppikoppi om die kampvuur wil sing is daar hierdie Allegro acoutics guitar vir R900. Ek het so outjie vir die goose gekoop vir krismis.
As jy wil fancy raak kan jy die Boss Metal Core pedal ook koop. Die groot baas van geraas was altyd die Boss Metal Zone pedal en die outjie is steeds in production (fokken 20 jaar later) maar dis tyd om bietjie aan te skuif na ‘n nuwe sound. Ons kan nie almal soos fokken Agro Grannies van Boksburg klink nie.
‘n Moerse handy outjie om in jou sound arsenaal by te voeg is die Samson C01 microphone. Dit het befokte sound en jy kan hom basies in die middel van die kamer neersit om jou band se jam sessions live te record of om sommer as ‘n vocal mic te gebruik. Die prys het min of meer dieselfde gebly oor die laaste 5 of so jaar en ek het hierdie outjie se boetie gekoop wat met USB werk – jy plug hom straight in jou PC in en het fokol extra software nodig. Great quality. Hierdie outjie, however, plug jy sommer straight by jou amp in. As jy die USB een verkies, soek vir die modelnommer CO1-U.
Die Boss ME-25 guitar multi-effects pedal
Nog ‘n bederfie om by jou nuwe band se sound te add. Gaan aapkak soos Jeremy Loops en maak jou eie band on the go of gebruik hom as ‘n stomp box – dis nou as jy op hom trap soos ‘n bass drum – wat Loki Rothman doen as hy acoustic sets saam met Jack Parow doen. Die outjie waarmee ek rol is ‘n DigiTech TR-255. Die cool ding is dat jy allerhande ekstra sounds en kak for free kan download van die interwebs af. Dis ‘n befokte stukkie hardware as jy op jou eie wil jol of oefen war jy die hele fokken band is. Ek dink ook Boss is ‘n beter brand as wat DigiTech is, so ek gaan vir myself 20 punte moet aftrek.
Nog mics nodig vir jou garage band? Samson het hierdie 3-pack dynamic mic set wat jy kan gebruik vir vocals of om jou drums of acoustic guitar op te mic. Teen net oor die 700 skille klink dit dalk nie na die mees gesofistikeerde mic set nie, maar Samson is ‘n trusted brand en dis beter om hierdie drie cheapies te koop as om byvoorbeeld R150 per mic te gaan drop op ‘n el-cheapo Phillips by Incredible Corruption (ek het daai fout net eenkeer gemaak. Die stuk kak lê iewers in ‘n kas.
Jou nuwe band se dromlose drummer sal van hierdie outjie hou. Die Mapex 5-piece drumkit kom met 2 toms, floor tom, bass drum, bass pedal, snare drum, stands, cymbals en ‘n stoeltjie. R5k is poescheap vir so ‘n setup vir beginners. Die cymbals gaan fokken kak klink, maar dis maar waar alle drummers begin. Die goeie nuus is dat jy jou drumkit kan upgrade oor die jare soos jy zak spaar. Die cymbals gaan die duur deel wees of jy kan begin deur die dromme se skins (of drum heads of velums of waddefok jy dit ook al wil noem) te vervang met Remo oil skins. Jou basic kit se shell kan vir jare lank gebruik word as jy net die hardware hier en daar vervang. ‘n Double bass pedal sal ook lekker wees op een of ander stadium. Ek het begin met ‘n Mapex kit wat ek oor die jare gepimp het en duisende Rande op spandeer het, Dit was befok gewees, tot my bakkie se engine gekak het en ek die drumkit moes verkoop het om die engine te fix. Ek rol nou met ‘n poesduur electronic kit, maar ek gaan maar weer die Mapex roete begin volg. ‘n Man like van goed bliksem dat dit kakbaie geraas maak.
Die ander opsie is om hierdie kleiner drumkit aan te skaf vir R1800, maar dan moet julle drummer ‘n kind wees of ‘n baie klein grootmens soos ‘n kleinerige chick. Of ‘n dwergie.
Guitar cables teen so 60 skille kan ook ‘n lekker cheap persentjie wees vir iemand wat reeds ‘n guitar het. Almal het iewers tjommies in ‘n band. Hierdie is seker die cheapste manier om te tune “ek gee om”
of vir so 50 bokke extra kan jy vir jou tjommie ‘n guitar stand koop. Behwale dat dit jou meer “professioneel” laat lyk is dit dit beste ding naas ‘n guitar case om jou axe te beskerm. As mens guitars laat rondlê op die vloer, ‘n couch, ‘n bed of teen die muur laat staan oor ‘n lang tydperk fok jy net die nek op en die goed gaan makliker uit tune uit.
Finally is daar hierdie befokte cordless Gemini mic vir net oor ‘n duisend rand. Ons het hom by die laaste Watkykjy party buite gebruik vir die MC se job en running commentary op ons Dooskar Derby. Die range is so net onder die 80 meter en hy het heel befok gewerk. Moerse clarity. Dis nou vir die ouens wat moonlight as wedding DJs of klein sound systems uithuur vir corporates. Of poese in bands wat nie instrumente kan speel nie en sing terwyl hulle na meisies toe loop in die audience met die ander hand uitgestrek met ‘n roos in die klou.
Watkykjy staan op 3,049,169 post views in totaal sedert 1 November, 2019.