“Afrikaans laat my voete dans”. Ek onthou die slagspreuk sedert hoërskool. My geheue neem my terug na my Afrikaanse onnie toe, met ‘n plakkaat in haar klas wat een of ander Afrikaanse poësie kompetisie vir skoolkinders adverteer.
Al wat ek sê Afrikaans laat nie my voete dans nie. Pille en rave musiek laat my voete dans. Girls op die dansvloer met skirts korter as ‘n September vakansie laat my voete dans. Selfs ‘n bietjie sakkie-sakkie op die langarm dansvloer na menigte dubbel Bloemfonteins en Coke laat my voete dans (nie dat ek meer enigsins drink of pille sluk nie – PoesKleinRuantjie het die voggies te hard gevat en is aangeraai om dit eerder maar te laat vaar. Could’ve seen that one coming…)
In elkgeval…
Soos ek sê, Afrikaans laat nie my voete dans nie.Dit maak my wel baie bly. Bly soos biltong op die langpad Margate toe. Dit maak my bly want dis lekker om Afrikaans te praat en as Afrikaans bestempel te word. Ek is skaamteloos Afrikaans en dit is deel van my identiteit. En asseblief, Afrikaans-wees beteken nie Christenskap op ‘n plaasdorpie waar ek ander rasse haat nie. Dit beteken nie ek is deel van my geskiedenis nie. Dit beteken nie ek hou net van rugby, brannas, Toyotas Hilux bakkies en Samsung Galaxy Smartphones nie.
Ek praat Afrikaans, noem my vriende se ma’s en pa’s oom en tannie, bied altyd kitskoffie aan as vriende en vreemdelinge kom kuier en sê altyd asseblief en dankie. Verder is ek maar jou algeme klein sataniese kakmaker wat skaatsplank ry, van mode hou, homoseksualiteit aanvaar, feminisme ondersteun en vegetariërs verstaan. Ek doen die voorgenoemde net in Afrikaans.
Die verskil in my Afrikaanswees en identiteit is dat ek nie probeer om nie Afrikaans te wees nie. Altans nie soos baie Kuipies hier wat ek ken nie.
Ek stel myself voor as Ruan. Met my erre wat so lekker grof oor my tong rol. Eerder as om my erre te “rrruuu”soos Engelse mense my naam uitspreek. My ma en pa het my nie Ruwaaaan gedoop nie. Eks Rrrruan, so fok jou! Daar gaan altyd ‘n sambreel oop in my hol as mense wat Afrikaans is, of die meerderheid van hulle lewens Afrikaans gepraat het hulself nou in ‘n veeltalige stad bevind en kom staan en Engels hou. Pieter wat Peter word, Jan wat himself as Juan voorstel of Saartjie as Sarah. Dit maak geen sin nie. Hoekom? Dis onnodig man. Live with, soos Chopper sê #NOSKAAM
Maar my fokken ergste is (erger as kantoormatte in jou slaapkamer of jou toon stamp op ‘n wintersoggend) waneer Engelse mense hulself poesdom hou en maak of hulle nie kan Afrikaans verstaan of praat nie. Vir wat? Hoekom wil jy dommer wees as wat jy is? Is Afrikaans vir jou so afskuwelik dat jy eerder jouself sal dom hou? n to add insult to injury is wanneer die bogenoemde Englese mense Afrikaanse plekname in Engels uitspreek. Ek het al voorheen hieroor geksryf met lekker voorbeelde. So gaan krap maar op die Watkykjy argiewe rond as jy wil sien hoe Engelssprekendes hulself onnodig hou wanneer dit by plekname kom. Brëe straat hier in die Kaap wat Brie street word is so ‘n geval. Jissus man, die straat is vernoem omdat dit breed is – nie na fokken kaas nie…
My punt hier is eintlik die volgende: Afrikaans is nie besig om dood te gaan en nie ons hoef nie te fight vir ons identiteit nie. Wat ons wel kan doen of dit nou vir gees of vir Volk en Vaderland is, is om die veldtog wat deur die WAT geloods is te ondersteun. Borg ‘n woord. Gaan skenk 100 pitte aan die Woordeboek vir die Afrikaanse Taal en ontvang ‘n sertifikaat met jou naam op om jou borg te bevestig. Die WAT gebruik dan daai geld om die woordeboek te onderhou en Afrikaans op die rakke te hou.
Dave Pepler sê dit lekker op die webwerf:
“Hoekom is Afrikaans vir my kosbaar? Sonder Afrikaans met sy lieflike en aardse woorde is ek niks nie. As jy ook lief is vir Afrikaans: borg ‘n woord, borg ruim!”
As jy gewonder het wie Dave Pepler is – Hy is daai skraal krimpie op Kyknet wat die program Groen aanbied. Hy weet ook meer van die omgewing an natuur as wat jy van jouself af weet so luister maar vir hom as hy sê Afrikaans is duidelik.
Griff en Chopper het reeds POES en NAAI geborg so ek is aangeraai om PIEL te borg – Hahahahahaha! klink snaaks maar dit is so. Daai drie woorde is belangrik vir die voortleef van enige organisme, insluitend Afrikaans. Die dame van alle dames, Elmi Badenhorst, het sommer ook een geborg – die pragtig Afrikaanse woord “wipweantjie”. Dis Afrikaans vir rollercoaster indien jy nie geweet het nie.
Kry bietjie vakansiegees en gaan borg ‘n paar woorde. En as jy dit voor 27 Februarie 2015 doen kom jy in aanmerking om ‘n R25000 Sanlam belegging te wen.
Watkykjy staan op 3,104,718 post views in totaal sedert 1 November, 2019.