Raait, noudat ons jou die pers hoppende fok in het, moet ons seker laat weet dat die titel van hierdie artikel eintlik “5 Redes om Nickelback te haat” moet wees, maar ons is nie fokken Buzzfeed nie. Of daai ander Afrikaanse website wat ‘n stille dood gesterf het nie. Ons maak soms lysies, maar nie elke dag nie…
Waddefok is dit met Nickelback? Nee, seriously nou, ons wil by julle weet. Hulle het kakbaie fans in SA, anders sou die shows nie uitverkoop het nie. Daar is fokken baie redes om hulle te haat en hier is die vyf belangrikstes:
1. Hulle is Canadian (as ons Amerikaners was kon ons hulle nog baie meer gehaat het). Wat is so cool aan Kanada? Hulle polisie is sulke Dudley Do-Right op perde en hulle maak stroop. En huisves Suid-Afrikaanse dokters. Hoe cool is dit? Dit is nul bedraggie cool.
2. Chad Kroeger se gesig – face it, hy lyk soos daai gewone ou wat op skool saam met jou was en fokken goed was met een of ander poesboring vak soos rekeningkunde of ekonomie. Daai selfde ou wat nou ‘n aktuaris of iets is. Hy’s steeds kakboring, maar sy kar is mooier as jou chick. En sy chick is mooier as jou geld. En jy werk vir like ESKOM of verkoop versekering. Dis onregverdig. Fok die Chad Kroegers van die aarde.
3. Avril Lavigne. Chad pomp elke aand vir Avril vol Rockstar. En hy is nie eers ‘n fokken skater boy nie.
4. How you remind me. Hierdie is bes moontlik die grootste rede by ‘n myl. Veral die chorus en veral die gesing daarvan in kuierplekke. Die res van die lyrics word dronk gemompel, maar jirre wag vir die chorus – dan klink dit soos jags bulle wat koeie mount en bulk uit frustrasie omdat hulle heeltyd mis steek. Een ding waarvoor ons egter baie dankbaar kan wees is dat “How You Remind Me” wel ‘n moerse ‘complicated’ song is. Check, jy het 12 chords nodig om die tune op kitaar te jol. Al gewonder hoekom so min ouens daai song om ‘n vuur jol of in die sitkamer nadat almal zol gerook het deur ‘n appel? Dis oor die 12 chords wat die song opmaak. Die deursnit wannabe muso met ‘n kitaar ken net 4 chords: die 1564 progression in C se key, met ander woorde C, G, Am en F.
Dik ironies dat Avril haar man se tune beter as sy eie band doen:
5. Chad Kroeger begin al hoe meer soos James Hetfield probeer lyk en klink. Dis soos Metallica vir Huis Hersfblaar. Kom ons almal wieg en klap handjies uit tyd uit!
Aan die ander kant bewys stats (vir hulle nuwe album) dat mense hulle heavy smaak. Kyk hierso:
Hulle is nommer 1 op iTunes se Peak Album Position in Australië en Suid-Afrika
Top 5 in 15 lande wat Amerika, UK, Duitsland, Japan, Kanada (big fokken surprise), Austria, Denmark, Switzerland, Rusland en Poland insluit.
Top 10 in meer as 20 lande soos Norweë, Swede, Finland, Ierland en New Zealand
Nommer 1 iTunes Rock Album in Amerika, UK, Australië, Duitsland, Kanada (hello, Kanada), Austria, Rusland en Suid-Afrika.
Daar kan net een verduideliking hiervoor wees: Suid-Afrikaners met kak smaak het die res van planeet aarde te vêr en wyd infiltreer. So nou wil ons by jou weet, jy wat 90% van die tyd soos ‘n Tukkies ingenieurstudent aangetrek is: Wat van Nickelback maak dat jy hulle smaak? En as jy comment, tune ons asseblief jou location, veral as jy jouself oorsee bevind. En veral daai klein Afrikaanse sektegroepie in Japan. Julle baffle nogal die kak uit ons uit.
Ons sal jou even met skietgoed voorsien. Hier is ‘n video waar die ouens oor hulle nuwe album praat, en onder dit is daar ‘n playlist waar jy na 30 sekondes van elk van die tunes kan luister. Verduidelik jouself, Nickelback aanhanger!
Eerlikwaar, luister die songs en tune ons. Hier is nou jou kans om ‘n musiekresensie te doen ter verdediging van jou Kanadese rock heroes. As jy ‘n vollengte artikel wil skryf ter verdediging, plaas ons dit gerus as jy belowe om nie in Mxit taal, CAPS en uitroeptekens te skryf nie. Jy wil nie jou game so vinnig weggee nie.
Mail dit vir ons.
Watkykjy staan op 3,092,705 post views in totaal sedert 1 November, 2019.