Voordat Chopper en die Image Engineer bietjie piele gevleg het met die manne van Kings Of Chaos by die press conference in Kaapstad, het Steven Tyler en Nuno Bettencourt besluit om die mense te treat met ‘n impromptu performance van Extreme se “More Than Words”. Image Engineer het vir ons so stukkie beeldmateriaal gevang.
Net as blote bysaak: Hoe hierdie press conferences gewoonlik werk is dat ‘n groep mediamense bymekaarkom, vrae vra en dan (as die artist so voel) opsplit in kleiner groepies vir one-on-one sessions vir so 20 minute. Watkykjy was saam met Channel24 (cool) en 2Oceansvibe Radio (???). Laasgenoemde het ‘n over eager fangirl gestuur wat met haar tiete in die ouens se gesigte gaan sit het soos sy op hulle tafel geklouter het met haar Macbook en basies almal se tyd gevreet het met simpelgeit, veral Channel24 s’n. Beste van alles is dat hierdie girl self nie eers die fokken show gaan kyk nie. Weet so nie hoe om met maatjies te deel nie. Seker ‘n oudste en enigste kind. Gods, as marabse soos ons kan professioneel wees, kan die ander at least fokken probeer. Toe vra sy nogal na die tyd of ons vir haar foto’s kan stuur.
Die kort antwoord is “fokof” en die lang antwoord is: “Bring jou eie fokken skietgoed oorlog toe, soldaat”
Genoeg gebitch, hierso is die tune. Oom Tyler lyk of hy nog die woorde leer, maar hulle het vir hom uitgekry.
Watkykjy staan op 3,089,934 post views in totaal sedert 1 November, 2019.