Werk jy jou poes af?
Moeg vir jou familie se kak?
Nogsteeds wakker van al die KHAT?
Fokken doen iets daaromtrent!
Drink 16 van hierdie yskoue fokkers en baljaar in die mag-gloed van ’n dronk dagdroom soos die goue somergod wat jy fokken weet jy is!
Fokofpolisiekar se eerste van vier craft biere, die Blonde Ale, ‘Dag Dronk’ word gebrou deur Sir Thomas Brewing Co. op Stellenbosch vir die vakansie. Dit word gemaak van 100% plaaslike talent en bestandele. Die bier hoep is van George af en die mout kom van Caledon af. Hy het 4% alkohol in so jy kan lank en lekker suip!
Dit fermenteer 1000l op ’n slag vir 2 weke.
Die bier is gebottelgis net soos Champagne en MCC. Hierdie veroorsaak ’n ligte sediment op die bodem van die bottel en gee die bier ‘n groot verouderings-potensiaal. Al die bier word op die plaas gebottel.
Hierdie outjie proe soos behoorlike bier en toon smake van pynappel, piesang, peerdou en heuning, met ‘n bietjie van ’n vanielje klankie. Dit proe ook soos fokken nog!
’n Kis van 16 x 440ml bottels is R640 en Fokof sal dit verniet vir jou aflewer.
Jy verdien dit!
Bestel dit nou by www.fokofpolisiekar.co.za
Watkykjy staan op 3,084,302 post views in totaal sedert 1 November, 2019.