Dis daai gevaarlike tyd van die jaar wanneer sommige mense mismoedig voel, sonder zak sit, sonder werk sit of ander net bloot begin worry oor wat volgende jaar inhou. Maybe kort jou lewe ‘n moerse verandering en jy sit elke jaar met dieselfde probleem – jy het nie die guts om te spring nie. Nie uit ‘n gebou uit nie, jou fokken aap. Daai leap of faith. Maybe wil jy jou dayjob vir ewig quit en daai hobby van jou in jou nuwe werk omskep. Jy kry net nie tyd om al daai toiletrol doilies te weef nie. Die mense wat weet van, tune wanneer jy iets doen wat jy like hoef jy nooit weer in jou lewe te werk nie. Dis baie fokken makliker gesê as gedaan want jy weet dalk nie waar om te begin nie, so ‘n maklike eerste stappie is dalk om met iemand te gesels wat hierdie tipe ding self deurgegaan het en daaroor te sit en dink. Dis amper Krismis, so kom ons gaan vir so bietjie inspirasie. Watkykjy het ook hartjies, al is hulle swart…
Powerplay het ons gevra om ‘n Suid-Afrikaner te interview (vir hulle #PlayIsWinning campaign) wat sy vrese ‘n vet pit gedruk het om te kry wat hy uit die lewe soek en die keuse was heel maklik: ons tjommie Blink Stefanus. Sit net vir 15 minute daai Minora blades weg…
(Om so bietjie agtergrond te skep: Blink Stefanus het al sy aardse kak verkoop en vir ses maande lank gemanage om slegs met sy drawings te betaal vir alles wat hy sou nodig kry op sy trip. Hy het dit sowaar as fok reggekry en is more weer oppad vir nog twee maande. Sy tekeninge het hierdie keer sommer vir sy vliegkaartjies ook betaal)
Wat was jou vrese voor jy hierdie moerse risky plan aangepak het?
Daar was nie ‘n boek om te lees of oor so iets gaan werk nie. Verstaan jy? Ek het geen reference gehad nie. Ek is ook nie die beste salesman nie, ek meen ek was in plekke waar ek fokol van die taal kon praat. Ek moes mense convince om vir my goed te gee in ruil vir my tjeks (basies my “tekenboek” waaruit ek blaie skeur en mense se details op die strokie wat oorbly neerskryf). Rejection was ‘n groot vrees en ek het baie daarvan gekry. Ook die hele vibe van “not knowing what to expext”.
Ek neem aan dat volharding dus ‘n moerse rol gespeel het?
Ja, ek het baie vinnig agtergekom dat ek beter met rejection moet deal. As ek nie ‘n exchange met iemand kon maak nie, kan ek nie gaan sit in ‘n hoek en grens nie. Ek moes net besluit “Wel, fok dit. Ek moet ‘n tjek ruil vir ‘n ete”. Daar is ‘n sekere paar goed wat jy nodig het per dag om te survive. Ek het net my kop opgelig en weer en weeer probeer. Iemand anders sal eventually ja sê. ‘n Man moet kan eet en kak. Sodra ek ‘n suksevolle exchange gedoen het, het ek geweet vir wie ek werk: myself. Ek het letterlik ‘n kans gevat. Voor ek op die trip gegaan het, het meeste mense nie gedink dit sou werk nie. Ek het ook nie geweet of dit sou werk nie. Toe ek eers daar is en mense begin goed vir my gee het ek besef mens kan travel op ‘n alternatiewe manier. Dis fokken weird – jy het nie geld nodig om te travel nie!
Waar het jy die moed en die geloof in jouself gaan opgrawe voor hierdie onmoontlike taak?
Weet jy, ek was so gatvol vir my lewe gewees want dit was so fokken boring. Alles was so predictable. Ek het ‘n job gehad, ek het geld gemaak en ek het presies geweet waar ek more sou wees as ek nie dood is nie – by die werk. Ek het dieselfde mense elke dag gesien, dieselfde pad werk toe gery elke dag. My lewe was so mundane gewees en ek het net besluit… ek dink jy kom op ‘n staduim in jou lewe, maybe as jy ouer raak moet jy half panic, moet jy besef “what am I actually doing with my life”. Vir party mense gebeur dit in matriek, lucky fokkers. Sodra ek complacent begin voel het, het ek besluit “I have to do something to get out of it”. Ek dink dis goed om uncomfortable te wees in ‘n situasie; of om bang te wees. Om nie te weet wat om te expect nie.
En hoe het hierdie drang of desire na iets anders verder ‘n vatplek gekry?
Wat vir my interesting was gedurende die “projek” was ander ander mense. ‘n Klomp mense het vir my gesê “Ek wens ek was deel van hierdie trip” of mense wat self daai drang het van “Fok dit, as ek eendag terugkyk op my lewe…” – daai ding van “you regret the things you didn’t do” in plaas van “you regret the things that you did do.” Ek wil nie terugkyk op my lewe en dink “ag fok, ek wou om die wêreld gereis het met tjeks wat ek self design het” nie, verrstaan jy? Daar is te veel mense in daai posisie van “hulle wil stuff doen maar hulle is te bang om dit te doen”, jy weet? Om bietjie ‘n fokken kans te vat.
En jy gaan dit nou weer doen?
Kyk, ek het 30 tjekboeke oor. Ek het oorspronklik 50 laat maak, ek het 20 Suid-Amerika toe gevat. Ek vat nou tien saam, so ek vat vyf vir Istanbul en vyf vir Israel en as ek terugkom kan ek besluit waarheen ek volgende wil gaan.
So jy is besig met hierdie game wat jy speel as ek dit so kan noem. Wat het jy gewen sover? Hoe lykie score?
Ek het my eie vrese oorkom, my eie insecurities. Ek dink veral as jy op jou eie travel is jy baiekeer in situasies… fok, weet jy wat het ek geleer? Ek het geleer ek kan enige iets doen wat ek wil. Ek weet dit klink fokken cheesy maar dis regtig so. Met die eerste trip het ek nie geweet wat om te verwag nie en die trip was baie moeiliker as wat ek gedink het dit sou wees. Ek sê vir mense dit was die moeilikste ding en die beste ding. Ek het geleer dat “nee” fokol beteken. Ek het geleer dat almal interessant is. Ek het geleer hoe fokken boring geld is.
Advies vir ouens daarbuite wat op die draad sit en oorweeg om iets te doen en onseker is?
Dit maak nie saak hoeveel keer iets nie werk nie. Hou aan om verskillende goed te probeer. Toe ek terug gekom het, het ek ontslae geraak van al my skuld – ek het my duur kar verkoop (alle karre is duur). Ek het mense en plekke wie ek geld geskuld het afbetaal en uit my lewe gekry. Ek het my hele lewe net ge-simplify. As ek kyk na waar ek was ‘n jaar terug en hoe faktap dit was… ek voel soos ‘n ander mens. Ek is completely free. Ek doen wat ek wil, ek doen iets wat my gelukkig maak. Ek voel tien keer ryker as wat ek voorheen was. Dis nie asof ek geld gemaak het uit die trip uit nie – ek het baie geld gespaar omdat ek met tjeks (my tekeninge) betaal het. My objective was om te kyk hoe ver my “kuns” my kon vat.
Watkykjy staan op 3,110,847 post views in totaal sedert 1 November, 2019.