deur Big H
Laas naweek was daar baie shows om hier in die Noorde te gaan kyk. Sommige mense het gaan speel in ‘n park, sommige mense het gaan kyk hoe ‘n klomp ou ballies uit rock, en sommige mense het by die monument in die reen gaan baljaar. En, moenie ‘n fout maak nie, daar was niks verkeerd daarmee nie, want in alle gevalle was die vibes van hoogstaande gehalte.
Maar, as jy die naweek by die BESTE show wou wees, moes jy Vrydagaand in Carfax in Newtown gewees het.
Vergeet van al die onderwereldse ondertone, en vergeet van wat jy dink heavy metal (of death metal, in die geval) verteenwoordig. Behemoth is een van die beste live acts wat jy in jou hele lewe gaan sien. Punt.
Bygestaan deur Theatre Runs Red van Durban af, en die Deense groep Konkhra, het die Poolse meesters van death metal gesorg vir ‘n aand wat niemand sal vergeet nie. Geharde metalheads het begin huil, so goed was dit.
Beste metal. Beste performance. Die hele aand was, in een woord, soos teater.
Watkykjy staan op 3,103,982 post views in totaal sedert 1 November, 2019.