Vandag is die tweede laaste dag van 2014 en as jy by die werk sit terwyl jou kollega’s hulle eie poepe onder die duvets lê en snuif , het ons dalk goeie nuus vir jou. Hulle is nie by die werk om hulle leave vir 2015 in te sit nie. Jy is. Ons het die perfekte gids vir jou oor hoe om jou leave te beplan vir 2015. So lees noukeurig en hardloop fokken dadelik HR toe laat hulle die pampiere vir jou sign.
Hierso is vir jou ‘n calendar met al die SA public holidays vir 2015. Dit sal op enige smartphone werk of met whatevevr kalender jy gebruik (soos Outlook etc sync). Ons het sommer die liberty gevat om jou met reminders te gooi elke keer ‘n dag voor die tyd: Watkykjy_se_2015_holiday_planner
Nuwejaarsdag val klaar op ‘n kak dag, so kom ons ignore hom flat. Jy gaan in elk geval soos rum en katpis ruik by jou graft as jy nie Vrydag af gevat het nie. Deal maar net daarmee.
Kom ons doen eers hou ‘n breakdown van 2015
*gryp potlood, gradeboog, calculator en matgom*
1 Januarie 2014 uitgesluit, sit ons met 13 fuckhansie daggies as ons 2016 se nuwejaar insluit. Uit hierdie 13 pulic holidays is daar net een dag wat ons hard naai, en dis baie fokken ironies Human Rights day wat op 21 Maart op ‘n Saterdag val. More like Fokol Rights Day, am I right?! *slaan so op knieg en lag*
Die dag na krismis val ook op ‘n Saterdag, maar dis nie ‘n moerse trainsmash nie. Oor die algemeen is 2015 nie so ‘n groot, suinige kont soos wat 2014 met ons public holidays was nie.
Right, so Maart is ‘n nul op ‘n kontrak waarvan die buitelyne uitgevee is. Hoe lyk die res? Vrydag die 3de April is Good Friday en Maandag die 6de is Family day. Jy score ‘n super langnaweek. Die 27ste April is op ‘n Maandag en die 1ste Mei is daai selfde week se Vrydag. Jy score twee langnaweke in ‘n ry. Fokken bonus, pappie! Jy kan die drie dae tussenin af vat as jy wil, maar ons het beter planne vir jou. Hou aan lees.
Op 16 Junie celebrate ons blykbaar youth day. Dit val op ‘n Dinsdag, so vat Maandag die 15de af en jy score ‘n super langnaweek. Sit by die huis en raak gekettie soos ‘n youth.
Julie is een van die kak maande met fokol holidays. Gaan staan naby iemand by die copier wat heeltyd nies en neusblaas. So met jou mond wawyd oop en vang al daai kieme op jou tong. Of spuit jouself met die tuinslang nat en moenie jou hare afdroog nie – dis tyd om daai sick leave in te span. Dis beter om met griep of ‘n verkoue voor die TV te sit of Xbox te jol as wat dit is om na daai useless meetings toe te gaan. Gebruik jou sick leave oordeelkundig. Moet net nie doodgaan en ons na die tyd kom blameer vanaf die hiernamaals in drome nie. Stop daai freaky kak dadelik.
Die 9de Augustus is National Women’s Day wat op ‘n Sondag val, so daai Maandag is ‘n public holiday. Hier kan jyself besluit om ‘n dag of twee rondom daai naweek te buffer as jy Oppikoppi toe gaan. Net jy weet hoeveel jy suip, hoe vroeg jy wil begin suip en hoe lank jou hangovers hou. Vir praktiese doeleindes neem ons aan jy vat die Vrydag en die Dinsdag af.
Op Donderdag, 24 September maak almal asof hulle hul eie kultuur celebrate maar inderwaarheid raak almal net pers gesuip rondom ‘n braai. Jy wil nie op ‘n Vrydag gefire word omdat jy soos oorle Amy Whinehouse ruik nie, so vat Vrydag 25 September af.
Volgens wetgewing behoort jy ten minste 15 dae leave per jaar te kry. As jy hierbo die dae af gevat het soos ons voorgestel het (en ons neem aan jy luister nie ‘n fok vir ons nie en vat daai 3 dae in April ook af) behoort jy ongeveer 8 dae leave oor te hê. Check, Oktober en November (en veral daai doos van ‘n November) is die kakste tyd van die jaar. Jy begin ‘n krieweling in jou broek kry omdat Somer besig is om jou te verlei in ‘n deurskynende nagrok met nippelstands en dan slaat November jou so dwars oor die toggos met die depression stick. Dis daai tyd van die jaar wanneer almal begin gatvol raak omdat Krismis so naby, tog so vêr is. Sit leave in vir Maandag 23 November tot Woensdag die 2de Desember, want daai Vrydag (die 20ste) kan jy heel moontlik ‘n uur of drie vroëer fokof by die werk as jy jou baas mooi vra.
Deur vakansie aan die einde van November te vat kry jy ‘n klomp fokken dinge reg:
Jy breek deur daai psychological barrier van Novemberlitis – jirre, mense fokken haat hulle werk en hulleself in daai maand. Amper meer as wat jy Jacob Zuma haat. Amper.
Jy slat payday in die middel van jou vakansie en as jy elke maand bietjie zak kon wegsit vir jou holiday, behoort jy nie issues met geld te hê nie.
Jy is terug by die werk op die 3de Desember. Dis ‘n Donderdag. Jy werk net 2 dae en dan is dit weer naweek. So wat’s die fokken probleem?
Twee weke later kry jy ‘n lekker Woensdag for free op 16 Desember vir Day of Reconciliation. Bak ballas en vat dit rustig terwyl Afrikaners vir Steve gaan aanbid by die Voortrekkermonument en EFF supporters mekaar stukkend poes om grond te steel iewers.
Vakansies in November behoort ook effens goedkoper te wees voor almal aapkak gaan met hulle tariewe vir verblyf.
Die paaie na holiday destinations behoort stiller en veiliger te wees as wat dit rondom Krismistyd en die res van die fokken silly season sal wees.
As jy gelukkig genoeg is om ‘n krismis bonus te kry hoef jy nie daai finansiële hangover in Januarie en Februarie met die res van SA te deel nie – jou Kersfees kan aansienlik happier wees.
Behalwe vir die 16de Desember is daar darem nog Krismis ook wat die 25ste op ‘n Vrydag val. So vir oulaad ‘n langnaweek. Nuwejaar val die volgende week ook op ‘n Vrydag, so jy is fokken sorted.
Watkykjy staan op 3,091,005 post views in totaal sedert 1 November, 2019.