deur Yaki
Ek was onlangs bevooreg genoeg om vir ‘n naweek in die baie spesiale land Roemenië te gaan kuier en optree. Bucharest, die hoofstad, was my eerste bestemming en “waddehel?” was my eerste reaksie. In my lewe het ek nie die loutere grootte van die stad besef nie. Met meer as 3 miljoen inwoners is dit die 6de grootste stad in Europa naas Londen, Berlyn, Madrid, Rome & Parys.
Ek het ook nooit besef dat die plek so ‘n donnerse groot comsumer culture het nie. My Romeense buddy en agent van Crossback Records by wie my band Empire of Desire ge-sign is, (en sommer ook impromptu toergids), Ranno Vollman het vertel dat na die val van kommunisme, hulle basies begin oorhel het na die teenoorgestelde Westerse kommersiële kant – om op te maak vir hul agterstand – en myns insiens die poephol uit die hoender geruk! Daar’s massive Times Square-vibe electronic billboards en nog groter winkels tussen die vervalle woonstelblokke uit die kommunistiese era! Dit herhinner my nogals aan Suid-Afrika na die opheffing van sanksies en val van apartheid toe daar ‘n winkelsentrum agter elke tweede bossie in Petoors opgekom het.
Okay, so na ‘n lekker Vrydagaand van live music & sappige eend vir dinner, het ons Saterdagoggend begin met ons lang roadtrip na Iasi (uitgespreek Iash) waar ek die aand moes optree. Alhoewel dit die hele dag gevat het, was ek bly ons het so gereis, want ek het letterlik die hele land gesien, soos byvoorbeeld dat daar kakbaie rondloper honde is wat net wild in die veld bly. Armoede op die (baie plat) platteland is duidelik en baie van hierdie mense ry met handgemaakte, dilapidated perdekarre wat tot oorlopens toe gelaai is met koring of gras. Hier lyk die eenvoudige modderhuisies ekstra hartseer, na die bling van die allamagtige Bucharest.
Aangekom in Iasi, het ek gesoundcheck, ‘n uur gehad om myself te probeer laat hot lyk en voila! Daar staan ek toe voor ‘n baie vriendelike coffee shop crowd in die slick en slinky Quartz Café (hulle spreek dit Kwarts uit) in Palas Mall. Die sentrum word Palas genoem omdat dit langs die asemrowende Paleis van Kultuur gebou is. Wat ‘n warm ontvangs het ek nie beleef nie, lucky girl! Die manne beplan vir my ‘n landswye Romeense toer volgende jaar. Whoop!
Na my suksesvolle gig was dit sekerlik my buddy Joe (wat my al die pad uit Holland kom join het) se hoogtepunt. Die spesifieke Saterdag was alle museums gratis oop vir die publiek en so ook die Paleis waar die pragtige Glitter Girls van Glitter Nights perform het (laaik hulle op facebook, hulle is hot). Die trio bestaan uit 2 DJ’s en ‘n saxofoon speler en soos Joe se: “’n Female bassist is hot, ‘n female drummer is hotter maar ‘n female saxophonist vat die spreekwoordelike koek!” Anyway, tot Joe se groot genot het ons hierdie crazy sexy girls backstage ontmoet en saam Jack Daniels uit plastiek koppies gedrink. Die aand het hierna suid gegaan (in a good way) en my geheue ook (in a bad way)!
Die volgende oggend voor ons halwe dag se reis terug na Henri Coanda lughawe in Bucharest het ek die voorreg gehad om by agent Ranno se ouers te gaan eet (dit was die tradisionele aandete wat vir my gekook was vir die vorige aand, waarby ons nooit uitgekom het nie!). So op ‘n taamlike babalas, bevind ek myself tussen die oom en die tannie wat allerhande volksvreemde disse nader en nader aan my bord stoot. Die hoender frikkadelle & Placinta cu Branza (rosyntjie kaaskoek) asook die Salata Vinete (gerookte eiervrug dip) was yum maar die gefermenteerde vleissop was net-net amper te veel so op ‘n on-nugter maag! Dankie tog die gasvrye tannie Catalina het die hele tradisionele gedoente bedien saam met bier. En dit alles 9 uur in die oggend! ‘n Naweek was heeltemal te kort, maar ek gaan verseker volgende jaar terug vir nog ‘n lekker Romeense avontuur.
5 dinge wat ek nooit geweet het van Roemenië nie:
1) Regdeur die hele land is daar free, super vinnige Wi-fi
2) Hulle geldnote (Lei) het ‘n deurskynende plastiek insetsel om vervalsing te verhoed, mens kan letterlike deur hulle geld sien.
3) Die mense laat my baie aan Suid-Afrikaners dink; vriendelik, plat oppie aarde & REAL
4) Anders as die Italianers byvoorbeeld, kan meeste Roemeniërs Engels praat
5) Daar is nie meer eintlik gypsies in Roemenië nie, aangesien hulle verkas het om in die res van Europa te gaan bedel
Stay tuned vir nog avonture – volgende keer skryf ek oor die land van pasta & pizza. Fluit-fluit oor en uit. Of soos hulle se in Roemenie: La revedere!
https://www.facebook.com/QuartzLounge
https://www.facebook.com/CrossbackRecords
https://www.facebook.com/GlitterNights
https://www.facebook.com/pages/Empire-of-Desire/126092097407052
Watkykjy staan op 3,090,337 post views in totaal sedert 1 November, 2019.