Marilyn Manson het Vrydagaand ‘n gig gejol by The Roxy in Hollywood en het besluit om twee special guests op stage te nooi vir sy encore van The Beautiful People: Ninja van Die Antwoord en Johhny Depp. Depp het al oor die jare so ‘n ding of twee raak ge-record saam met Manso. Hy het ook in die 90s sy eie band, ‘P’ gehad. Die man like van kitaar jol. Ninja was nog altyd ‘n moerse Manson fan gewees, so dis half fitting dat hierdie dudes op Halloween join vir ‘n vinnige collab. Behalwe van Manson is Nina en Yo-Landi ook groot fans van Rammstein, so moenie verbaas wees as jy hulle dalk in 2015 iets saam sien doen nie.
Die Antwoord se USA gedeelte van hulle toer is nou afgehandle en hulle klap twee gigs in Rusland hierdie maand voordat hulle in Januarie Europa grotendeels klap en in Maart eindig in Australië. Teen daardie tyd behoort Neill Blomkamp se movie, Chappie, waarvan Ninja en Yo-Landi die hoofrolle vertolk ook uit te wees.
Watkykjy staan op 3,089,928 post views in totaal sedert 1 November, 2019.