Karre is nogal iets wat aan ‘n man kan krap. Meeste van ons ouens het nie die cash om neer te sit vir ‘n nuwe ryding nie en dan is dit vyfjaar afbetaal vibes en as jy ‘n poepol is, balloon payments en what-what. Die hart weet mos beter as die beursie. Fokken stupitte ashôl hart.
Chicks koop agter hoe goeters lyk aan. Ja, dis maybe ‘n kak veralgemening, maar ek het gister juis hierdie tipe gesprek gehad met ‘n tjerrie in ‘n bar: sy wil amper R40k drop (op skuld natuurlik) om ‘n nuwe computer te koop. Sy gebruik dit meestal vir e-mail. Haar redenasie? “Want daar is ‘n mooi fokken appel agter op die ding se rug en as ek vrek vat ek hom saam hemel toe!” Ek wil nie by wees as sy besluit om ‘n kar te koop nie. Haar man het haar ook verbied om in my kar te klim, want netnou soek sy die fokken ding.
Ekself staan op die oomblik by ‘n kruispad. So ruk terug het ek julle vertel van my oupa se ou kar wat ek van plan was om terug te koop (https://www.watkykjy.co.za/2014/10/plotselings-deur-bloemfontein/). Sover is die nuus goed, want die kar is nou uteindelik myne. Die volgende stap is om nou omtrent R70k te drop sodat die outjie min of meer so kan lyk as hy eers klaar is:
En dis waar die gekrap inkom. Die kar wat ek daagliks ry. Anders as met vorige karre het ek actually ge-manage om die ding nie te verkoop voor hy afbetaal is nie en daar is nou so 10 maande se paaiemente oor. Dan moet daar besluit word of ek hom ry tot die wiele afmoer, of ek hom op iets nuuts inruil en of ek hom verkoop en die cash splash op die classic en dan rondry teen R500 per dag met ‘n V8 en noodles eet vir tien jaar. My beursie en my hart is besig om mekaar lelik te bliksem, maar ek weet wat die uiteinde van die geveg gaan wees. ‘n Nuwe kar.
Ek het reeds begin rondkyk en test drives begin oorweeg. Fok, ek het even een geboek. Die dae van turbo’s is verby vir my (dis net nog iets duur wat kan kak) so ek is besig om regtig wyd rond te kyk. Run-around vibes. Daar is so nuwe klein Datsun (happie nostalgie, anybody?) oppie mark en toe die een bra my terugbel om ‘n test drive te boek het ek myself faktap gelag, mainly oor hierde gesprek:
Ek: “Wat is julle NCAP rating vir safety op hierdie outjie?”
Sales dude: “Nul”
Ek: “Whahaha!”
*sit foon neer*
Alhoewel Mazda my onlangs gevra het om hulle nuus met julle te deel, het ek reeds na hulle ook begin kyk, alhoewel ek nou eers agtergekom het dat hulle “terug in die land” is. Wat dit beteken is dat hulle nou heeltemal weggebreek het van Ford af en onafhanklik is en hulle customers serve vanaf omtrent 100 dealerships oor die land. Die nuwe Mazda3 is uit (julle kan die specs hierso check) in sewe verskillende variante met ‘n safety NCAP rating van 5. Dis aansienlik beter as nul, byvoorbeeld. Die pryse lyk op die oog af kompeterend (vir myself nou – ek het 5 jaar terug R250k geblaas op ‘n kar):
1.6 Original – R232 900
1.6 Active – R242 900
1.6 Dynamic – R253 100
1.6 Dynamic auto – R256 400
2.0 Individual – R293 600
2.0 Individual auto – R299 600
2.0 Astina – R326 300
Zero van die modelle hierbo kom met turbo’s uit nie, maar dis hoe ek dit sien (en praat uit ondervinding): As iets meet jou tjor verkeerd gaan, wil jy dit redelik vinnig uitgesort kry. Wanneer jou kar garage toe moet gaan en in ‘n ry wag agter ‘n klomp ander karre wat turboprobleme het, gaan jy langer vir jou kar wag. Want daai tipe parte is kakduur en moet gewoonlik ingevoer word. Minder kak wat oor ‘n hele reeks voertuie wat verkeerd kan gaan, beteken vinniger diens, right?
Die pluspunt van enige kar is sy motorplan, en Mazda het nogal hulle ballas op die blok gesit met hierdie een: hulle het ‘n driejaar unlimited-distance warranty & service plan. As jy kakbaie tyd op die pad spandeer is hierdie soortvan ‘n no-brainer. Nie juis iets wat my sal oortuig nie want ek ry fokken min rond die afgelope twee jaar. So iets anders van de kar gaan my moet oortuig binne die volgende tien maande of so terwyl ek kyk of ek ALLES daarbuite kan gaan test drive. Wel, sodra ek weer twee arms het…
Vir meer info kan jy na Mazda se website gaan : www.mazda.co.za
En as jy ‘n test-drive wil boek, klap hierdie link : bit.ly/DriveMazda
* Hierdie post is obviously deur Mazda gesponsor. Ons moet ook eet.
Watkykjy staan op 2,933,262 post views in totaal sedert 1 November, 2019.