Die ballies van KISS is in April hierdie jaar opgeneem in die Rock ‘n Roll Hall Of Fame, meer as tien jaar later as wat AC/DC opgeneem is. Interestingly genoeg kom beide bands ‘n lang pad van die mid 70’s af met ongeveer dieselfde hoeveelheid line-up changes oor die jare en KISS met dubbel die hoeveelheid uitgereikte albums (veertig). Tot op datum het KISS 28 goue albums release, die meeste van enige rock band, wat moerse weird is want meeste mense sal dalk saamstem dat AC/DC se musiek meer accessible is (sover dit SA betref, in elk geval) – jy kry meer marabse in two-tone shirts wat AC/DC in hulle bakkies luister as die hoeveelheid said marabse wat enigsins weet wie KISS is. Heita, jou fokken rebel! Gaan groot of gaan kerk toe!
Wat baie mense egter nie besef nie is dat die ouens van KISS die pioneers van theatrical rock is, simpel make-up en silwer platform boots ingesluit. Hulle het moerse energetic live shows gehad met kakbaie pyro en natuurlik hulle outfits wat moerse iconic was back in the day. Dink bietjie aan die ouens na hulle – King Diamond, Green Jelly, Gwar, Marilyn Manson, Rammstein en Slipknot. Die hele dress-up storie is heel moontlik KISS-inspired, al besef hulle dit nie aldag nie.
Daar is 40 tracks op die dubbel CD. Dit opsigself beteken actually fokol. Iemand soos Steve Hofmeyr kan maklik 40 Neil Diamond songs op ‘n CD uitkak en as sy eie verkoop. AfriForum-tipes sal daai kak eet. Wat Kiss se nuutste album so besonders maak is dat die 40 songs sorgvuldig geKISS is (sorry, fok) oor hulle veertigjarige bestaan – een tune per album. Songs van hulle ’78 solo albums af, die compilations, hulle “instant live” albums asook ‘n voorheen unreleased song, Reputation. Dis half meer ‘n celebration van “Fok ouens, ons lewe nog. Hoe de moer het ons dit reggekry?”. Om veertig jaar lank as ‘n band te bestaan en nog soortvan relevant te wees is ‘n moerse accomplishment. Veertig jaar is ‘n fokken lang tyd. Dis so paar generations.
Decades of Decibels is defnitief ‘n must-have vir die die-hard KISS fans en ageing rockers wat aan daai era se nostalgie klou, maar as jy iemand is wat onlangs eers die doolhowe van ou rockmusiek begin explore het, is hierdie ‘n moerse goeie intro tot daai tydperk se musiek en veral (obviously) KISS. Dis nie trip-van-jou-tiete-af-headbang-en-spring-rond-rock nie maar meer van sit-op-jou-gat-met-‘n-bier-of-‘n-zol-in-die-hand-en-luister tipe rock. Hier en daar sal jy ‘n lekker headbang tune raakluister, maar jy sal vind dat jy miskien eerder van hulle uncomplicated riffs op guitar wil uitwerk. En miskien so bietjie van sussie of mamma se make-up wil steel. As jy in Brakpan bly het jy seker nog ‘n paar Buffalo tekkies oor van die 90s. Spray daai kak silwer…
Watkykjy staan op 3,083,858 post views in totaal sedert 1 November, 2019.