As mens reviews skryf, is dit belangrik dat jou eie ego nie in die pad kom nie – iets wat ek skiem meeste journo’s vergeet het toe hulle die nuwe Foo Fighters album ‘Sonic Highways‘ review het.
Vroeër hierdie week, toe die album drop, kon mens nie jou gat draai nie of jy loop in ‘n ‘Sonic Highways’ review vas. Al die heavyweights soos Pitchfork, Rolling Stone en AV Club maar ook sommige local sites lê ‘n eiertjie. ‘n Vrot enetjie meestal. Vrot eiertjies is nie lekker nie.
Want almal het dit eens dat Dave Grohl se ambisies dalk net te groot was met hierdie album. ‘Sonic Highways’ (hulle agste) is ‘n album wat in verskeie Amerikaanse stede opgeneem is, saam met ‘n paar gaskunstenaars soos Joan Jett, Bad Brains en ander. Die idee was om ‘n tribute te wees tot die verskillende tipes Amerikaanse musiek en die stede wat dit geïnspireer het. Gekoppel daaraan was ook die ‘Sonic Highways’ TV reeks wat Grohl en kie agtervolg het op hulle reis deur 8 stede.
Die meeste kritici bitch en moan oor hoe min mens die gaskunstenaars hoor, hoe die album steeds net soos die Foo Fighters klink (hoe durf hulle?) en hoe mens sukkel om die verskeie stede en invloed in die finale produk op te spoor. Van hulle is snedig oor die “fist punching stadium anthems” en Grohl se status as “media darling” en reken dis als net nie wat hulle hartjies gehoop het dit gaan wees nie.
Wel, groot was my verrassing toe ek die album nou die aand kliphard pomp in my pozzie. Hierdie is ‘n fokken nca album ou pellie! Van die opening ‘Something From Nothing’ af is dit duidelik dat daar ‘n broeiende energie is net onder die oppervlakte – iets wat local muso Gareth Wilson (Southern Gypsy Queen, Coelacanth) opmerk in ‘n recent Facebook status oor die subject.
Energie is tot ‘n sekere mate wat die Foos nog altyd kenmerk, of dit nou Dave Grohl se skree of Taylor Hawkins se frenetic drumming is. Dis ‘n goeie energie, ‘n energie wat rock vorentoe dryf en mens ‘n bottel iets wil laat gryp op ‘n Vrydagaand. Maar tussenin, net op die regte plekke, word die volume so bietjie afgedraai en die pas so bietjie meer languid en dan voel ek weer lus om in my GTI te spring en die highway te vat na geen plek spesifiek nie.
Dis dalk ‘n seëning dat ek fokkol van die ‘Sonic Highways’ tv vibes gecheck het nie. Want ek het my nie gesteur aan die musical journey bullshit nie en die album net geluister as ‘n fokken album – tunes sonder visuals, songs en hoe hulle geskryf is en hoe hulle jou laat voel. Fok die marketing fluff daar rondom. Fok die PR.
En die songs is gees pappie. Dis classic Foo Fighters – slim klein kitaarlicks wat opbou en bars in saamsing choruses, straightforward driving rock op ander nommers en ‘n afwisseling tussen mooi saggies sing en hard en aanhoudend skree (soos ons vir Grohl ken).
Fok die gaskunstenaars. Baie van die ander reviews maak dit duidelik hulle het nou nie spesifiek ‘n punk song in New York en ‘n blues song in Tennessee verwag nie, maar die waarheid is, hulle het. Own up. En nou voel hulle cheated want dit klink dan net soos die Foo Fighters. Shock! Horror!
Ek dink die realiteit is dat die prominente music journo’s se hartjies en ego’s gekrenk is, want hulle het geval vir die hype masjien en die storie en visuals rondom die album. En nou is dit ‘n straight-forward Foo Fighters album. Nee! Met songs wat goed in ‘n stadium rock show gaan werk. O fok nee! Get a grip ouens. Seriously.
Vyf jaar van nou af gaan ons terugkyk en na die musiek luister. Die tunes. Fok die tv reeks. Dis tv. Dis soos toiletpapier. En die tunes is klas. Ek skiem tracks soos ‘Something From Nothing’, ‘The Feast And The Famine’ en selfs die moody ‘I Am A River’ is klaar classics alhoewel ek van al 8 tracks op die record hou. Hierdie is die shit bra. Pomp hom loud, pomp hom proud. Op repeat. Hard en aanhoudend.
Next step, maak seker jy het jou kaartjies vir die Foo Fighters shows begin Desember (net om die draai nou en daar is nog tickets). Dan kan jy ook jou gebalde vuiste in ‘n stadium in die lug gooi en saamsing, saam met dieselfde kritici wat kamtig teleurgesteld is met die album.
Kaapstad: https://tickets.eventshopper.com/eventShopperV3.html?wr=4538e7f7-bf48-406b-900b-0b2e9347a890&skin=bigconcerts
Joburg:
https://tickets.eventshopper.com/eventShopperV3.html?wr=dc886c2b-ba6a-4cff-b4c3-db67535a9b4a&skin=bigconcerts
Of jy kan jou luck try hier op Watkykjy en ‘n kans staan om ‘n double ticket te wen vir either Kaapstad of Joburg.
Jy het slegs tyd tot 16:30 vandag (14 November). Al wat jy hoef te doen is om ons te Tweet (@watkykjy) met die volgende:
#EkFooInMyBroek as julle my tickets score vir #FooFighters in Joburg!
of
#EkFooInMyBroek as julle my tickets score vir #FooFighters in Kaapstad!
(afhangende of jy tickets wil score vir die Joburg of Kaapstad show)
- Joburg mense, die wenner kry ‘n six pack wyn ook.
- Die wenner sal randomly gekies word (http://www.random.org/)
- Een Tweet per persoon
- Ons duld nie huilerige mense nie.
- Wenners word vandag 18:00 aangekondig op Twitter en Facebook.
Watkykjy staan op 3,090,242 post views in totaal sedert 1 November, 2019.