Volgens Pa Charlie bou Nissan goeie bakkies en kak karre. Ek het nog nooit ‘n Nissan bakkie gery nie, maar kan julle verseker dat die karre af soos brood is. Veral die Almera. Wat ‘n loutere stuk kak kar.
Die naam ‘Almera’ laat my dink aan die meisie op skool wat net te mollig en te vaal was om ooit noemenswaardige belangstelling te ontlok. Plus haar trui het nie lekker geruik nie en haar hare was in ‘n ongeïnspireerde lae ponytail vasgebind.
*pisgril*
Dus het ek nie juis my jean pant bekom toe ek by die Lanseria Internasionale Krimpie Kollektief die sleutels na ‘n Nissan Almera gegee word nie. Nogal ‘n ‘upgrade’ alhoewel ek in retrospect die Hyundai i20 of ander Koreaanse wannabe sou verkies.
Wat my al opgeval het in die verlede van Nissans was die groot, swaar bakwerk en die underpowered enjin. Of dalk is die enjin net so swak dat die body te swaar voel. Hierdie wit Almera was geen uitsondering nie. ‘Bak op die stuurboord!’ soos my pel Skipper Glen sou roep. Nul krag. Baie afgear. Jy vloek jouself basies by die steiltes op. Met moeite.
Die styling is egter meer die ding wat my maag laat draai. Toe ek inklim skrik ek my dood vir die stuurwiel. Lyk soos ‘n 1980 bakkie stuurwiel, wat dalk is wat dit was.
In dieselfde styl, ‘n plastic blokkie agter die handrem, wat ek aanneem iets met ventilasie te doene het. Ek weet nie, maar dis nie mooi nie.
En dan hier, hier teen die deur, blink dinge wat soos stiebeuels lyk. ‘n Actual perd sou actually bietjie help om die kar te laat beweeg dink ek wrang terwyl ek daaraan peuter. My fok ou perd, dis ‘n deurhandvatsel! Hoekom dit blink is en die res van die dash en interior plastic is beyond my. Wat ‘n gemors.
Om seker te maak jy ry so ongemaklik as moontlik (behalwe net so stadig as moontlik), kom die sitplek in twee verstellings. Een wat jou laerug seermaak en een wat jou bo-rug seermaak. Slim dose soos ek wissel dit af dan is jou hele rug net halfpad so seer op die einde.
En die Nissans is nie goedkoop nie pappie. Ek dink mense wat sulke ene koop voel Almera doos soos wat die kar ouer (en nog stadiger en leliker) word. Kyk die lyne, kyk die wit, kyk die lelik…
Ek verlang Almera my GTI. Die jirre weet.
Watkykjy staan op 3,074,278 post views in totaal sedert 1 November, 2019.