Die Antwoord se nuutste music video is uit. Ugly Boy is een van hulle tunes van hulle nuwe album, Donker mag af en jy kan maar dieselfde standaard verwag as van hulle vorige videos – poes entertaining. Die video self is nie so weird nie maar die background story van sommige van die mense wat cameos in die video maak is wel – Jack Black, Marilyn Manson, Flea, Dita Von Teese, Cara Delevingne en The ATL twins. Kokkenodge eers gou die video, dan praat ons verder oor die mense in die video (wat in Augustus reeds geskiet is):
Ninja en Yo-Landi het die eerste keer vir Jack Black ontmoet by ‘n Halloween party na een van hulle shows in Texas so drie jaar terug en tjommies geraak, so dis kind of obvious dat hy een of ander tyd in een van hulle videos sou feature. Toe hulle verlede jaar vir die Red Hot Chili Peppers geopen het hier in SA het hulle ‘n instant connection met Flea gehad en in kontak gebly.
Cara Delevingne is ‘n (poeshot) model tjommie van Ninja en Yo-Landi wat hulle by die New York Fashion week ontmoet het, heel moontlik deur Harmony Korine. Onthou hom? Dis die bra wat Die Antwoord se short film Umshini Wam gemaak het – daai movie met die Watkykjy GP nommerplaat agter op die rolstoel. Harmony was ook verantwoordelik vir een van Dior se TV ad campaigns wat Enter The Ninja van Die Antwoord as sound track gebruik het.
In Ugly Boy is Dita Von Teese ook te bespeur (die goose met die lekker tiete), ‘n burlesque danser wat terug in 2002 haar break through gemaak het op Playboy se cover. As jy nou en dan goed vir jou wank bank of skommeltrommel soek het jy haar al moontlik raak ge-Google. Daar is ‘n iconic en moerse bekende foto van haar in ‘n martiniglas. So hoedefok pas sy in die prentjie in? Die Antwoord is tjommies met Marilyn Manson. Von Teese het op ‘n stadium Manson se vleisgeweer in haar genotgrot ge-entertain. Dis OK, hulle was getroud gewees, so dit was nie sonde nie. Moenie worry nie.
So waar die fok pas die ATL Twins in en wie is hulle? Hier is waar die background storie eintlik interesting raak. Dis die twee freaky fokkers in die video hierbo (wat jy kon sweer van Fieta’s af ingevlieg is vir die shoot) en hulle kom van Atlanta af. Hierdie marabse is fokken faktap verby. Hulle slaap in dieselfde bed, dra heeltyd matching outfits, naai dieselfde meisies (soms gelyktydig met hulle 9 duim piele, maar net in die gwap, claim hulle) en was saam op ‘n tyd verloof gewees aan Michelle Ramos wat in 2006 Penthouse Pet of the month was in September (daai is ‘n hele fokken storie op sy eie). Die ouens is totally fucked in hulle koppe. In 2012 (hier kom die connection met Die Antwoord) het hulle die rolle vertolk van James Franco se gangster sidekicks in die movie Spring Breakers – ‘n movie deur Harmony Korine. Harmony self beskryf die tweeling as “incredible, they’re pure scumbags of the highest magnitude. Real generate bastards who just revel in filth and they’re amazing because of it.”
‘n Mens kan eintlik ‘n hele storie oor die twee naaiers doen. En ons sal. Net nie vandag nie. Bietjie sooibrand, jy maak uit? Hoe klink Saterdag vir jou?
Die cast in die video:
Yo-LandiJack Black:
Marilyn Manson
Flea
Dita Von Teese
Cara Delevingne
ATL Twins
Watkykjy staan op 3,091,343 post views in totaal sedert 1 November, 2019.