Kom ons begin by die belangrike deel. As jy nog nie Jaco Mans live sien kitaar speel het nie, is jy ‘n tietkop. So slat ons op ‘n kol by die Dowe Digters se maandelikse samekoms by Railways Café daar in Tjoeras uit en beleef iets wat my vir nog baie aande jags gaan maak. Jaco van der Merwe en Rot aka Kobus de Kock Jnr wat so bietjie acoustic vibes en poetry gooi was beslis meer as die 30 bokke cover charge werd.
So week of wat voor dit het ons hier gebrag oor Ninjas en hoe insane dit was om die Black Cat Bones en Bittereinder op een aand te sien – fok, om die ouens in so setting te sien was orgasmies lekker. Die Woud. Op kitaar. Sonder enige techno vibes. Dit was beautiful. Beaufort Wes Beautiful.
Soos ek hier met my whiskey sit en kakpraat het ek dit oorweeg om van die ander digters en performers van wat opgetree het kak te byt, but then again het ek nie te veel van die res gehoor nie en verdien ouens met actually die ballas het dalk meer credit vir die feit dat hul hul siele so in die publiek wil uitstort. Daai bra van Feed the Wolf het ook vir die party gepitch en ons het toe die rook area beman en die barman besig gehou, so ons kon nie almal check nie.
Terloops Railways mense, die gedagte dat die hele plek non-smoking is is dalk ‘n kak een.
Rappie:
Wat die naweek se rappie aanbetref is ons uiteraard FOKKEN bly dat die Bokke laasweek met as op hul skoene betrap is. Om te wen moet jy ook kan verloor en nou is dalk die beste tyd gewees om sekere waarhede agter te kom. Kyk, ek moes na die All Black game so bietjie humble pie munch nadat jong Pollard die show soos ‘n jong Dan Carter gerun het. Daar was selfs besef dat Hougaard dalk net een van die beste verdedigers in die span is en altwee die ouens het ala Brakpan style na solid PKs in die pers hul man gestaan en ‘n moerse bydrae tot ‘n wen gehad.
Teen die Whiskeyboere laasweek was dit bietjie anders en nou is die skakelpaar hul plek in die span kwyt. So gesukkel soos dit In Dublin was, kan ons egter nou mooi na al ons World Cup ammo sit en kyk en met die groep wat tans daar is sien ek sommer al klaar hoe die breiers die term ‘horses for courses’ gaan gooi. Lambie het mos vir ons die Aussies gewen en Pollard die Kiwi’s.
Fokkit, ek is bly ek hoef nie die span te kies nie, hoewel ons dalk nog vir so rukkie gaan spyt wees dat die skakelpaar wat die beste in Super Rugby gevaar het nie vroëer die leisels oorgeneem het nie. Dit is asof daar ‘n blinde oog gegooi is toe Hougaard vir die Bulle op die wing uitgedraf het. Die bra jol vir my lekkerder daar.
Maar anyway, met dit wat Heineken tot sy disposal het is daar geen rede waarom ons nie volgende jaar op Twickenham die Shampers sal kan oopmaak nie.
Horses for courses my bra, horses.
Watkykjy staan op 3,089,922 post views in totaal sedert 1 November, 2019.