Vir starters, die Park ‘n Ride storie is ‘n pot kak. As jy ooit rappie gaan kyk, ry eerder met jou bmx. Baie minder pyn en at least sal jy na die game kan uitfigure hoe om by die huis te kom. Sif diens, nooit weer nie.
Genoeg gekots vir nou.
So stuk of 10 watkekertjies het mos ‘n kans gewen om saam met my die Bokke te gaan check en dit was, behalwe vir die marabse van die Park ‘n Ride, een befokte experience. Ons het die dag met so paar tequilas begin (aweh Brandon) en daarna gaan check hoe die Kiwi’s so bietjie klippe kak. Ja fine, ek het nie geskiem ons het die firepower om die All Blacks ‘n PK te gee nie, maar in dieselfde asem het min mense geskiem hulle gaan vir Joost sien loop.
Altwee daai dinge het gebeur en yes, die humble pie wat Handre Pollard my gevoer het smaak vorentoe. Pure plaas.
What a game!
Duane Vermeulen, jy mag maar met my sussie (of ma). Kom kies vir jou een, my pa skiem ook dit sal fine wees. Hy mag jou dalk net ‘n paar rand in die sak stop as jy die ou lady van sy case af kry. Vir ‘n 75 year old het sy lekker kanne. Duane is ‘n legend en het ons maak vergeet dat Richie McCaw en Kieran Read rappie jol. Die bra het sewe soorte kak uit die Kiwi’s getackle en het ook paar balle in die lynstaan gesteel.
Om dit live te kon check was about 72 duisend keer beter as op die kassie. Jy kon amper hoor hoe kraak die bene as hy sy target eers opgeline het.
Laasweek het ek Lambie se beul geblaas en ek sou nog ‘n happie humble pie moes munch as die enigste soutpiel in die span daai skop gemis het. Pat het ysterklokke en kom ons sê net dit was insane toe daai bal deur die pale getrek het.
So terloops, Duane Vermeulen is fokken awesome en ek sien die manne wil hom sommer kaptein maak. Dalk is dit ‘n goeie idee, wie weet?
Nog ‘n lekker deel van die game was om na die tyd die marabse wat met hul All Black truie rond geloop het so bietjie kak te byt. Die manne was bedroef, hulle span het kakker gespeel as wat enige iemand verwag het en selfs met Hougaard se average diens agter die skrum kon hulle nie hond haar af maak nie.
Op daai topic, congrats ook vir Heineken wat nou, soos ou Div, ook weet hoe dit voel om die All Blacks te bliksem. Dit was tight. Daai laaste strafskop was dalk bietjie aan die lucky side of teenage heaven, maar ‘n wen is ‘n wen is ‘n fokken wen. En om dit te kon doen met van die suspect spankeuses sê nogals baie van die gees wat in die Bokspan heers.
Die ander hoogtepunt van die dag was al die kak hot tjierries in hul stywe Boktruitjies. Derduisende van die goed. Fokkit, Suid Afrika is ‘n lekker plek!
Natuurlik was about 80% van die watkekertjies wat saam gemission het lekker stukken dronk toe dit huistoegaantyd was. “Jy is gebou soos ‘n township brak” het een van die brasse my bly tune toe ek op sy skoot gesit het oppad huistoe.
Piele ouens. En die bra van Pretoria wat besluit het dit is ‘n goeie idee om sy tjerrie saam te bring het dalk net so bietjie meer van die zefside beleef as wat sy op gebargain het. Ons het ook geleer dat PE nie in die Oos-Kaap is nie – PE is Primrose East by mra en daar vat die manne so hard dat die honne begin huil.
Respek, boys.
Om die dag af te rond het ek geskiem dis ‘n piele idee om deur te bliksem Melkery toe waar die Watkykjy Karnivaal nog so paar dik cool surprises vir ons ingehou het.
As jy skiem die Bok game was befok het jy duidelik nog nie The Slashdogs live gesien nie. Fokkit, dit was cool. Die Joburg Punk legends het ‘n ding mal geruk en op ‘n kol was van die tjerries van Cortina Whiplash saam met hulle op stage. Ek kyk redelik baie bands live. Die brasse is nou maar net in ‘n ander league en dit is dalk tyd dat die retards wat awards in die land uitdeel so bietjie plan maak. Hulle pomp al langer tunes uit as meeste bands wat in any case net soos Fokof try klink en dit lyk nie of hulle binnekokrt gaan ophou nie. Bokke en toe Slashdogs en toe check hoe ‘n semi-nuger Griffin tot vroeg die volgende oggend soos ‘n malhaas rond spring op lekker tunes – fokkit dit was epic.
As jy eerder jou Mielie in Mpumalanga gaan pop het, het jy so bietjie uitgemis.
Thanks vir al die mense wat die kak moontlik gemaak het. Dit was die beste naweek in ‘n lang tyd. My babelas is amper weg.
Gaan like my page, of nie.
https://www.facebook.com/kapteinkortbroek?fref=ts
Watkykjy staan op 3,092,366 post views in totaal sedert 1 November, 2019.