Wat sal jy doen as jy net een keer kan time travel? Meeste van ons sal seker die Lotto try klap. Of daai chick zaber waarop jy nog altyd ‘n ogie gehad het. Hel, dalk wil jy even inskryf by Charlize Theron se skool en oor en oor probeer om haar boyfriend te word met tjoklits en teddiebeertjies sodat jy stinkvingertjie kan speel agter die pawwies…
Interview With a Time Traveler is egter nie so oppervlakkig nie. ‘n Time traveler ontmoet ‘n joernalis in ‘n hotelkamer om die bra se storie te deel vir ‘n artikel. Wat die joernalis nie weet nie is dat die time traveler ander plannetjies vir hom het wat sy lewe vir altyd sal verander.
Die bra wat die rol van die time traveler speel, Eric Johnson (@EricJJohnson79) was ook te sien in Rookie Blue, Smallville en The Knick…
Hierdie befokte sci-fi short is deur James Cooper (@cooper_jim) produce en direct. Die bra is ‘n Canadian en is ook die outeur van Kickstarter for Filmmakers, juis omdat hy ge-manage het om $20,000 in te samel vir sy eerste movie, Elijah the Prophet en sy Kickstarter goal vir die time traveler movie met 163% oorskry het. Hy het ook help werk aan ‘n befokte comics reeks, Hoax Hunters.
Watkykjy staan op 3,073,866 post views in totaal sedert 1 November, 2019.