Ek gaan nie in ‘n ontleding ingaan sover dit die boek se titel betref nie. Kyk self mooi na die cover se prentjie en Google die woorde. Jy gaan dalk bietjie sukkel met die woord “draalnoot” – dis heavy ongewoon, maar dis hoekom jy die maar die boek moet lees. Dis sentraal tot die hoofkarakter Daniël Roberts se website, Fermata.com en die bizarre events wat rondom dit plaasvind, naamlik dat mense vanoor die wêreld hulle selfmoordvideos van maksimum 5 minute in lengte kan oplaai. Daniël maak dan dik zak uit die videos. Actually, lees op wat “fermata” beteken en jy’t jou antwoord vir “draalnoot”.
Hierdie debuutroman deur Henry Jack Cloete, is deurtrek met honderde temas sonder om dit in jou gesig te gooi en jy lees dit effortlessly raak sonder om agter te kom dat jy dit doen. Die karakters is heelwat uiteenlopend: Megan, ‘n joernalis en enkelouer van ‘n 3-jarige dogtertjie, Mija, verteenwoordig die media se verwronge soeke na sensasie (Oscar/Dewani trial vibes) met die verskil dat daar self-ondersoek plaasvind; Chris Grobler, die loser cop wat bietjie te veel van ‘n persoonlike investment (vendetta) het met hierdie een saak, naamlik om Daniël Roberts aan die pen te laat ry vir medepligtigheid aan die selfmoorde, maak nie saak teen watter koste nie; Simon (shame, hierdie outjie kak nogal hard af meeste van die tyd, maar dis fokken snaaks) wat al die pad van die overseas kom op ‘n mission (sending is dalk ‘n beter woord); Lea, ‘n totally fokken crazy bitch.
Daar is ook ‘n hele paar randkarakters wat belangrike rolle speel en sommiges in my opinie, glad nie, maar dit pla nie te veel nie. Die belangrikes: Simon het byvoorbeeld twee side-kicks wat saam met hom travel, Kosie en Georg. Hierdie dudes se gesprekke is fokken weird en in weird Afrikaans. Die tipe ouens wat jy net wil bliksem as hulle hul monde oopmaak. Ek het nog niemand soos hulle in regte lewe hoor praat nie, maar daar is ‘n 99% kans dat hierdie outjies slegs in Simon se verbeelding bestaan wat dit ‘n ander dimension gee. Dit herinner baie sterk aan ‘n Fight Club scenario, met die verskil dat Simon met meer as een Tyler Durden oor die weg moet kom. Fok, op een stadium verloor die man ‘n oog op ‘n baie, baie kak manier en sy “tjommies” staan hom nie regtig by of kry self seer nie. Die “onbelangrike”: Megan se drie-jarige dogtertjie, Mija – die kind is dalk ingeskryf om die struggling, single ouer en die challenges wat daarmee gepaard gaan uit te lig, maar sy tree nie op soos ‘n drie-jarige nie. Ander mense wat die boek gelees het reken dat sy baie slim vir haar ouderdom voorkom, jy weet, woordeskat en so aan. Ek skiem sy is ‘n mini-Rainman of iets, want volgens ondervinding, dra drie-jarige kinders nie doeke nie, let alone kak daarin. Sy vat ook al die kakbaie geweld wat sy witness bietjie te maklik vir my liking, maar moontlik lig dit juis uit hoe kinders afgestomp raak en in ‘n generasie ontwikkel waar iPad-nannies die septer swaai. Met die tweede lees van die boek sal ek moontlik anders voel – dis mos hoe movies werk. Mis altyd iets die eerste keer.
En dit is wat die boek fokken lekker maak – dit lees soos scenes uit ‘n movie. Dis heavy filmic en die transitions tussen die scenes en die karakters is fokken slim gedoen. Amper soos Tarentino se “Four Rooms” wat vier totale verskillende stories intrek waar die hotel die goue draad vorm, werk Draalnoot op soorgelyke wyse waar Daniël Roberts se website, Fermata.com die magneet is wat alles en almal tot op ‘n punt trek waar die kak begin spat. Waar alles wat online gebeur oorspoel na die regte lewe met die makabere en fantasiewêreld, sonder om die storie te reduseer tot bloot die belaglike. Daar is soveel elemente wat hierdie boek in ‘n film of mini-reeks (ek sou skat 8 episodes) kan omskep. Daar is seks, bloed, geweld, die absurde, fokken weird mense (bly vêr weg van my, fokken creepy burgemeester van fiktiewe dorp, Noord-Tropiek), heavy donker comedy en heel moontlik vir die eerste keer in ‘n Afrikaanse roman, ‘n epic scene wat maak vir ‘n befokte zombie apocalpyse. En moenie dink jy gaan die einde of sommige wendinge in die boek kan voorspel nie. Dis fokken frustrerend, maar tog rewarding: “Ag jissis, ek was verkeerd. Huh? OK, daai is bietjie fokken strange, maar lekker.” Trust my, jy gaan fokol reg voorspel.
Dit sal befok wees as iemand hierdie in ‘n draaiboek kan omskep en werk daarvan kan maak (nie so vinnig nie, companies wat kak Afrikaanse musiekvideos maak. Gaan staan in die fokken hoek) want die possibilites is endless. Meeste van die harde werk is reeds gedoen. Dit leen ook tot ‘n moerse lekker sound track, want die lyrics of die songs feature presies waar hulle moet in die storie. Jy sal dalk vind dat jy so paar van die songs wat in die boek opduik wil google en ‘n playlist daarvan wil maak. Fok, kom ek gee jou so paar in elk geval:
Ek self sal graag die zombie-agtige gedeelte van die boek wil recreate in ‘n kortfilm of ‘n music video, maar ongelukkig het ek nie genoeg zak vir make-up en special effects nie en ken ook nie genoeg mense wat kaal sal rondlê of -harloop ten nul bedraggie betaling nie. Aan die ander kant het mens net een goose nodig vir hierdie beskrywende scene:
Lea buk af en neem met haar hande haar blommerok aan die soom. Sy trek dit oor haar kop en werp dit eenkant toe. Die wind raap dit op en skep dit weg, oor die rotse. Sy skop haar sandale weg. Sy is kaal waar sy tussen Daniël en Megan aan die een kant en die vyf mans aan die ander kant staan. Sy plaas haar hande in die lug, dan buig sy agteroor tot haar hande aan die grond raak, haar voete steeds op die grond. Sy maak haarself gemaklik, met haar kop wat tussen haar voete geplaas is, haar gesig in die rigting van Daniël en Megan gedraai. Sy glimlag stout. Haar liggaam is ‘n volmaakte sirkel, met haar bors, maag en heupe wat op die vyf mans geig is.
“Ek is luuuuuuus,” sê sy asof die laaste klinker ‘n oorweging is…”
So wat skiem jy? So tipe movie, of soek jy daai kak wroegende stories wat altyd op ‘n fokken plaas afspeel met Steve Hofmeyr as hoofrol en een of ander token swart dude, hoed-in-die hand?
Koop Draalnoot Vir ‘n Janfiskaal vir daai boekwurm in die familie vir Kersfees. Dis ‘n fokken lekker lees.
Watkykjy staan op 3,073,833 post views in totaal sedert 1 November, 2019.