So rukkie terug het Dookoom sy nuwe EP, A Gangster Called Big Times, vir my gestuur wat die 15de Oktober release word deur IOT Records, ‘n Franse record label. Dis twee weke van vandag af en ek is kak excited vir die gangster. Ek het die album oopgemaak op die klein verkakte admin laptop en so 10 sekondes by myself gedink: “Self, jirre waddefok maak jy? Hierdie tunes moet deur die groot PC gepomp word, jou stupid naai.”
Dis fokken harde gangster rap met dik bass en beats staight van die Cape Flats af. Julle bra’s wat die man by Oppikoppi gesien het hierdie jaar sal uitmaak. Dis eintlik hoe dit moes gedoen geword het terug in 2009 se kant toe Die Antwoord in almal se broeke ontplof het. Julle sal Isaac Mutant dalk onthou van so paar collabs op Die Antwoord se eerste CD (wat befok lekker was), maar dis actually hier op sy eie EP, A Gangster Called Big Times waar hy tot sy eie reg kom.
As jy impressed was met Die Antwoord se ouer tracks met sy klein bydrae, sal Isaac Mutant moontlik jou verwagtinge oortref. Hoe ek Mutant/Dookoom se musiek sal beskryf is dat dit klink asof Public Enemy tik gerook het, vir twee jaarlank ge-gym het sonder om te slaap en kaalvuis poesklappe links en regs uitdeel in ‘n besige straat vol criminals. En al die fights wen.
Mutant tune die volgende van sy EP: “Kak jas slimline jewel case with ‘Dookoom’ scratched into the surface by friendly local demon. Covered in black spray paint with splashes of blood (no animals were hurt). Individually numbered like it’s art. Also a nice photo of Isaac Mutant with a teddy bear on the CD itself.”
Die tracklisting:
Larney Jou Poes
Electric
I want You
Die Slow
Gaan luister na so paar 30 sekonde clips op Soundcloud:
https://soundcloud.com/dookoom
Check sommer ook die video uit vir Kak Stirvy vanaf Dookoom se self-titled debut EP:
Watkykjy staan op 3,092,335 post views in totaal sedert 1 November, 2019.