Dié van julle wat ons nie op Twitter of Facebook volg nie het moontlik uitgemis op hierdie absolute juweeltjie waarop ons afgekom het. As jy ooit down in the dumps voel, tik net die volgende in jou Google masjien in om beter oor jou eie lewe toe voel: “die sadste persoon in Centurion” om op hierdie post af te kom. Jy sal spoedig beter voel.
Hoekom sal jy beter voel? Wel, fokken kyk hierso. Dan behandel ons die die gedoente stuk vir stuk:
Die knaap begin sy pleidooi baie mooi. Hy vra om anoniem te bly en gooi even die verkeerde spelling vir die afkorting van “asseblief” in. Dit alles in kleinletters. Ongelukkig hou dit net vir die eerste twee woorde voor hy in hoofletters begin kak smeer oor jou screen.
Met die intrapslag neem hy reeds ‘n verdedigende posisie in deur potensiële internet trolle in een lang asem te waarsku:
“DIE WAT WIL SLEG KOMMENTAAR MOET EERDER NIKS SE EK VRA NET N VRAAG”.
En dan die vraag, soos ‘n boemie by jou karvenster wat plastieksakke, iPhone chargers en license disk holders verkoop:
“WIE KAN VIR MY HULLE HUIS LEEN VIR DIE NAWEEK?”
O-kaaay…. effens vreemd, vreemde ou wat niemand van geen kant af ken nie. Jy wil iemand se huis leen? Gaan jy die huis terugbring? Wat is die storie hierso?
“IS DAAR IEMAND WIE SE HUIS EK KAN OPPAS WAT RUIK IS?”
Ah, nou verstaan ons. Jy wil iemand se huis opppas. Iemand wat “ruik” is. Hoe lyk iemand wat ruik is, want dis half meer van ‘n sintuig vibe waarvoor jy daar gaan. Soek jy dalk eerder iemand wat soos iets ruik? Iets spesifiek? Hondekak dalk? Geld? Ou skoene? Poes? Wat is hierdie kwalifikasie waaraan jou onwetende barmhartige samiritaan moet voldoen? Dis poes right? Is dit poes? Dis poes!
“EK BLY BY MY OUMA” (O gods, hier gaan ons. Things are noot looking up for you, young man) “EN EK EN MY WHATSAPP FRIENDIN ONTMOED VRYDAG MAAR SY DINK EK HOOG IN SASOL EN EK IS RUIK”
Jirre, whoaaah. Daar is so baie om uit daardie sin(?) te haal. Slow down, son. Kom ons vat hom bietjie vir bietjie: Hoe de fok kry jy dit reg om “Vrydag” reg te spel maar jy kap “vriendin” met ‘n ‘F’? Hier is vir jou so paar woorde wat met ‘n ‘F’ gespel word: flamink, fyndraai, fok, fokken, fokof, Fokofpolisiekar, fokvelle… Jy maak uit? Kom ons los eers gou die feit (nog ‘n F-woord!) dat jy haar ‘n Whatsapp vriendin noem. Jy wil haar graag “ontmoed”. Daai is nie ‘n regte woord nie, jou stupid naai. Ek dink die volle woord waarna jy soek is moontlik “ontmoedig” en jy gaan regtig nie van die woord se betekenis hou nie:
afraai, vermaan, demoraliseer, knak, terneerdruk, moedeloos maak, neerslagtig maak, mismoedig maak, knak, breek, platslaan, afskrik, intimideer, ontsenu, bangmaak, afskrik, afblaas, afkonkel, afleer. You get the picture? Gonna have a bad time. Nee, ons dink jy wil net hard naai op ‘n vreemdeling se bank. Heel moontlik sonder effies.
“MAAR SY DINK EK HOOG IN SASOL” – jy bedoel seker fokken hoog OP Sasol. 95 Oktaan.
“EN EK IS RUIK” – hier gaan ons alweer met jou sintuie, nee wag, jou hormone wat jou so op hol het.
“AL IS DIT N COUPLE SE SE HUIS EN JULLE KAN VIR MY JULLE DEURE OPMAAK”
Bra, die eerste ding wat jy gaan doen as ‘n couple hulle huis se “deure” oopmaak.. nee wag so bietjie. Deure? Is dit nou vir al die die reuke wat jy gaan indra? *skud kop*. Die eerste ding wat jy gaan doen as ‘n couple *maak keel skoon* hulle “deure” oopmaak is om tien teen een straight na die female in die couple se verhouding te hardloop en soos ‘n hond haar poes te probeer ruik. No deal…
“EK SAL SE JULLE KUIER BY MY”
Raait, so lemme get this straight: jy gaan maak asof die “ruik” mense by wie se huis jy plak, jou kuiergaste is. Die chick met die befokte mooi hare, heel moontlik ‘n boob job en haar man/boyfriend met die Tag Heuer horlosie en designer klere (sorry, ‘kleure’) is gaste wat by jou kom inloer het. Jy met die vuil tekkies, die Tap-Out/No Fear/Monster wife beater, ‘n poeshoed, ‘n Clicks plastic horlosie en vuil peroxide kuif? Trek die ander eeun, seun…
“ASB NIE ARM HUIS NIE”
Ja, fok, arm huise is die pits. “Huis, weet jy hoekom is jy so fokken arm? Dis omdat jy standerd ses uit die skool is en te veel dagga gerook het. Kam jou fokken hare, huis en staan regop! Gaan kry ‘n fokken werk, huis! Byt ‘n paar jaar vas, dan kan jy jou eerste huis koop, huis. En daarin woon. Dis poes meta, huis.”
“DIT MOET LYK OF EK AMPER ALMAL SE BAAS IS”
Hier is die woord “amper” van kardinale belang. Die outjie het actually ‘n halfuur gesit en dink oor hierdie sin: “Ek moet suksesvol, dog nederig voorkom. Sasol se base kan sekerlik nie poese wees nie. Veral die ouens wat hoog op is…”
“DAN WIL EK GRAAG HE IEMAND MOET MY KAMSTIG KOM SIEN IN DIE NAWEEK IVM WERK ASB”
Semantics ter syde gestel, kan ons net uistluitsel kry oor hierdie versoek: Moet dit nou dieselfde ruik eienaars van die huis wees of ander mense, want dit kan nogal crowded raak in die ruik huis. Ons sal moontlik vensters ook moet oopmaak, let alone al die deure. En dan, watter tyd sal u majesteit pas? Ons wil jou nou nie “in die naweek” sien in jou adamsgewaad terwyl jy die arme Whatsapp friendin pakslae gee met die snotsambok op die Corrycraft couches teryl MTV Base blêr deur die 55″ 3D TV se poesduur surround sound system nie. En wat behels die “werk” waaroor jy gesien moet word? Moet ons allerhande chemiese reaksies kom bespreek en PowerPoint presentations hou of moet ons hoed-in-die-hand kom vra of ons die bossies langs die paving kan uittrek? Persoonlik sal opsie twee beter vir jou werk. Dit sal jou ruiker laat voorkom.
“EK VRA NIE GELD NIE EK VRA GINS”
Dis moelik om uit te maak of jy inderdaad nie vir geld vra nie of moontlik ‘n bottel gin ook uit die deal probeer score. Ieder geval, jy vra heeltemal te veel van ‘n redelike, regdenkende persoon.
“WIL ASB OOK NET KAR LEEN EK HET N LISENSIE”
Die feit (F-woord!) dat iemand jou ‘n lisensie in die hand gestop het (ons weet jy het dit nie gekoop nie, want jy is nie ruik genoeg nie) behoort die hele Centurion fokken bang te maak. En fok jou, jy kan nie ‘n kar leen nie. Nie eers ‘n Hotwheels karretjie nie.
“JULLE KAN MAAR LAG”
Ou pel, die fokken trane loop die Hennops vol soos mense nou vir jou lag.
“SOMS MOET MENS AAS AANSIT OM VIS TE VANG”
Nie soms nie. Altyd, veral as mens actually letterlik visvang. Visse hap nie skoon, blink hoeke nie. Ook nie geroeste hoeke nie. Waarmee jy sit is ‘n vislyn, sonder ‘n stok of ‘n katrol. Fok, jy sit nie eers langs ‘n river nie, ou maat.
“EN JULLE WAT WAT WIL LAG VLIEG IN JULLE MA SE ROI BLOED ……. IN!”
Op hierdie stadium het die seun moontlik uit sy bipolar medisyne (wat hy by ‘n vriend gesteel het) gehardloop, want hy is op ‘n full frontal attack. Hy het tog ietwat van ‘n opvoeding gehad want die woord “poes” word met sewe periods (get it?) vervang. Dis ook betwyfelbaar of hy al ooit in sy lewe ‘n ekonomie boek raakgesien het aangesien “return on investment bloed poes” absoluut geen sin maak nie. Ons vergun hom dus hierdie een spelfout en neem aan hy het na die kleur “rooi” verwys.
“MENSE SOOS JULLE WAT EK MOET WAITER JULLE DINK MOS JULLE BETER WEET HIER MENSE MET GOEIE HARTTE”
I think that sums it up quite nicely. Bly weg uit restaurante in Centurion, want jy weet nie waar hierdie mal fok werk nie. Dis darem nice om te sien die outjie het begin snik aan die einde van sy briefie. Dis hoekom “harte” met twee T’s gespel is. Hy wou ‘n rou emosie uitdruk om die dringendheid van sy ernstige, hopelose situasie oor te dra. Moet ook nie van die moontlikheid vergeet dat die Whatsapp “friendin” dalk ‘n mollige middeljarige Minecraft speler iewers in sy ma se basement is nie…
Ons vermoed jy gaan nie in die nabye toekoms naai nie. Nie in ‘n ruik huis nie, in elk geval. Kry fokken hulp.
Watkykjy staan op 3,073,829 post views in totaal sedert 1 November, 2019.