Sommige van ons werk in hoë geboue. Sommige van hierdie geboue is nogal hoog. Dit beteken dat sommige van hulle hysbakke het. En dit beteken dat jy ná jy ‘n uur of meer op die fokken snelweg (voel meer soos die … stadigweg! *drops microphone*) in jou metaalomhulsel met wiele moes ry tot by jou gebou, skielik in nog ‘n metaalomhulsel moet klim om by jou vloer en jou sad werkstasie uit te kom. Gelukkig is jou enigste vermaak by jou werkstasie nie een of ander sot op die radio wat dink jy hou daarvan om te luister hoe hy/sy vir sy/haar eie grappies lag nie. By die werk kan jy skelm Watkykjy lees, tot jou baas verbykom en oor jou skouer loer in die hoop om grafieke met mooi opwaartse ereksiepyltjies te sien. Soos nou. Hallo, oom baas! Piet se grafieke is disfunksioneel, jy kan maar fokof. Die probleem is nie jy nie, dis Piet. Hy’s net moeg van al die druk by die werk. So, jy is die probleem. Fok jou, oom baas.
Anyway, hysbakke. ‘n Mens sou dink etiket is redelik voor die hand liggend, want almal moet die goed gebruik, daar is net soveel van hulle en hulle is ook net so groot.
Ons by Watkykjy het egter besef die etiket is nie vir almal so duidelik nie. Daarom maak ons nou gratis hierdie gids tot hysbaketiket beskikbaar. Deel dit met jou kollegas. En met die hele wêreld. Asseblief.
(1) Wag tot mense uitklim voor jy probeer inklim
Hey, kontkop, ek weet jy’t ‘n tas by jou en dit beteken jy wil hê ek moet dink jy is belangrik. Ek het ook in ‘n stadium met ‘n tas rondgestap sodat mense dit dink. Maar eendag val die ding in ‘n hysbak oop. Slegs ‘n vrotterige appel tuimel toe na die vloer en ‘n Loslyf van 1999 dwarrel grondwaarts. Nee, ek joke net. Dit het nie gedwarrel nie.
Of jy haal nie jou oë vir ‘n oomblik van jou iPad af nie. Want jy’s mos besig om ‘n email te tik. Net poes belangrike mense stuur mos emails. Selfs al kan ek sien jou subject line is “Re: Fwd: Fwd: Fwd: Fwd: Fwd: Fwd: FUNNY CAT!!11!!!” is dit kakbelangrik – so belangrik dat jy nie kan wag vir mense om uit te klim voor jy inklim nie.
Fokken fok jou, dude. As almal gelyk probeer uitloop én gelyk probeer inloop, is dit maar basies net ‘n skrum. ‘n Skrum met een span wat in ‘n metaalblik staan wat aan ‘n kabel hang. Dis nie regverdig nie. Nes kapitalisme en shit. Nog erger as die skrum is die over polite verskonings ná die onafwendbare gestamp. Want dit vat vir fokken ewig. Want jy’s mos nie net belangrik nie, jy’s kamma nice ook. Nadat jy sonder enige geduld om waar te neem wat die mense om jou se behoeftes is net voortgepoes het in die rigting wat jy graag wil, stamp jy ‘n liggaamlik gestremde persoon se rolstoel dat dit so skeef buig, en dan sê jy “Askies, ou maat, askies,” want jy’s nice. Doos.
Nee. Jy wag tot mense afklim, dan klim jy in. Dis eenvoudig.
(2) Moenie op jou selfoon praat in die hysbak nie
Hysbakritte is reeds effe ongemaklik. Jy moet vir daai minuut of minute ‘n baie nou ruimte deel met mense wat jy nie noodwendig ken nie. Vriendelike kleinpraatjies is soms orraait. Byvoorbeeld:
“Hoe gaan dit daar by julle departement, met die nuwe (insert nuwe ding by jou departement)?”
“Nee wat, orraait. Ons leer ken nog die nuwe ding, maar dankie dat jy vra.”
“Ek is bly om dit te hoor.”
Dis pynlik, sure, maar dis draaglik. Wat ondraaglik is, is een of ander kont wat reeds kliphard op sy selfoon praat wanneer hy in die hysbak klim en dan daarmee aanhou wanneer hy in is. Jirre, man. Die acoustics is nogal sleg in ‘n hysbak, jy weet. Dis hoekom nie baie bands hysbak-gigs doen nie. So dan moet jy in gedagte hou dat jy jou volume kan aanpas, of bloot fokken nie op jou selfoon praat in die lift nie. Ek stel nie belang in hoe humorgedrewe jy en die persoon aan die ander kant van die lyn se verhouding is nie. Hou op kliphard lag in my oor. Of for that matter vra hoe dit met jou kind, of hond, of watookal gaan oor die selfoon. Fok, man, jy praat mos nou reeds hard op die selfoon, hoe suksesvol wil jy hê ons moet dink jy is? Jy’t ‘n hond en ‘n kind. En ‘n selfoon. Bra-fokken-vo. Ek het ‘n Xbox, maar ek bel nie ‘n babysitter van die hysbak af om te vra of Grand Theft Auto nog steeds effe fucked-up maar tog heerlik is nie. Fok.
En jirre, jy moet mos weet selfoonsein in hysbakke is erratic. Ek sweer, as een ou nog in ‘n hysbak klim, so hard op sy selfoon praat en dan wanneer die ding op of af gaan met eskalerende volume beginne “Sorry? Sorry? SORRY? SORRY!!!!!!”, steel ek sy beursie. Of, as dit net ek en hy is in die hysbak, poep ek kliphard. Dis meer aanvaarbaar as wat hy doen, so ek is nog steeds die beter mens.
Speaking of which …
(3) Moenie poep in die hysbak nie
Kyk, daar is min dinge so bevredigend soos ‘n lekker poep in ‘n openbare of ‘n semi-openbare ruimte. Veral as jou skill al genoegsaam gevorder is dat jy dit kan verskuil met ‘n hoes, of as jou acting skills next-level is, verontwaardig en fronsend kan rondkyk ná die poepgeluid duidelik uit jou algemene gebied opgeklink het, jou blik hou op een of ander doos van ‘n kollega waarvan jy nie hou nie, jou kop in ongeloof skud en sien hoe ander kollegas ook duidelik vir dooskollega blameer. Respek.
Maar jirre, ‘n hysbak is ‘n erg klein ruimte. Dis fine in jou kar, want jy’s alleen. Maar as jy op of af in die hysbak ry, is daar ‘n goeie kans dat dit binnekort gaan stop en iemand gaan inklim enkele sekondes ná jy daardie lieflike rrrrt-geluid losgelaat het. En die reukie wat daarmee saamgaan.
Hier’s jy alleen, dude. Jy kan nie fronsend en beskuldigend rondkyk nie, want daar’s niemand anders nie. Tensy jy fronsend en beskuldigend vir jouself kyk. As dit die geval is, het jy bes moontlik sielkundige probleme. Die hysbak bestaan nie eens nie. Jy gaan in die skag afval! Vlieg, vinnig! Oppas vir die CIA helikopters wat jou volg! Klim op labradorzilla se rug, voer hom ‘n oorskiet tjoppie en fokof Swakopmund toe! Die Duitsers sal jou veilig hou. Hulle is lekker mense. Bratwurst, die Matrix trilogy en grappies ten koste van David Cameron, heelnaweek. “Gutentag, ich komme aus Engeland, ich bin ein poeskopf, wo ist die bibliotheke?” Lekker, man. Goeie tye.
So, ja, moenie poep in die lift nie, asseblief.
(4) Moenie “Schindler’s List”-grappies maak nie.
Ja, “list” klink soos “lift”. Dis nie snaaks nie. En jy gaan bes moontlik as ‘n onsensitiewe drol beskou word, want dit lyk of jy Frikkie met die erge lisp spot, en dan kry jy ‘n dissiplinêre verhoor en Frikkie getuig jy’f ‘n doof en ‘n rifiko vir die maatfkappy, en dan’s jy werkloos. Is dit die moeite werd? Nee.
(5) Moenie die lift vat vir net een vloer nie
Dit is suiwer luigeit, en jy mors almal se tyd. Moenie lui wees nie. Durf daai vyf tot tien trappies aan, Rocky.
Dit is dan die einde van ons gids vir hysbaketiket. Voeg gerus verdere voorstelle by in die kommentaardosies. Saam kan ons die wêreld ‘n beter plek maak.
Watkykjy staan op 3,090,333 post views in totaal sedert 1 November, 2019.