Om vir tien jaar in die SA rock scene bymekaar (en befok) te bly, sit nie in enige band se broek nie. Fokkol. Meeste clutch uit, gee op, fok op of fokken bekeer of iets simpel. Maar vir die manne van Taxi Violence is dit ‘n brotherhood of sorts, hulle is bra’s en dit wys. Hierdie maand vier Rian Zietsman, George van der Spuy, Jason Ling en Louis Nel tien jaar in die business en ook hulle vyfde album, Tenfold wat more release word.
Die eerste single, Beaten by the gun, is giftig (en verniet op Soundcloud ) EN ons launch vandag die music video vir die tune net hier waar jy sit en kyk. Hier, op Watkykjy. Dis ‘n plesier ou dier. (Video deur die Image Engineer )
Ons het ook natuurlik so bietjie met die manner loop chat daar by Kill City Blues in Woodstock (waar die guitar tracks vir hulle album ook opgeneem is).
Maak seker jy vang Taxi Violence op hulle toer regoor die land, wat more aand begin. Hulle bly een van die beste live bands, so gaan verloor jou kak (en jou waardigheid) op die dansvloer. Daar sal album vouchers en t-shirts by die shows wees, so vat ‘n geldjie. Ag toe man.
Check wanneer hulle in jou neck of the woods is by: https://www.facebook.com/taxiviolence?fref=ts
Watkykjy staan op 3,085,567 post views in totaal sedert 1 November, 2019.