Ons het verlede naweek ‘n draai gaan skiet by die Cool Ink Tattoo Expo hierso in Snor City. Sommer so by die Voortrekker Monument. Die stoere boere van destyds sal hulle self bekak het as hulle gesien het watse onbybelse dinge alles daar gebeur het: tattoos, rock en roll, mense wat hulleself aan vishoeke ophang. Nee jirre mamma, dis nie hoe ons Bloedrivier onthou nie! (asof hulle daar was amper 20 jaar terug).
Ons fotograaf, Henry, het heeldag daar rondgehang en foto’s geneem van tattoos, marabse wat hulleself aan hakke ophang en die entertainment vir die aand: Naming James, Martin Rocka, Man As Machine, Black Cat Bones en Fokofpolisiekar.
Van ons ander het nie magies gehad vir die suspension vibes nie en sou opgooi. Ons like dropped suspensions. Toe gaan drink ons elders en gooi in elk geval op…
Watkykjy staan op 3,056,588 post views in totaal sedert 1 November, 2019.