Sepultura was een van daai bands waarmee ek grootgeword het. Ek onthou nog die eerste keer wat ek Arise gehoor het en myself amper bekak het van opgewondenheid. Soveel krag, spoed, agressie. Dis mos net wat ‘n standerd agt puisiegevreetjie in Vereeniging nodig het.
En later jare, as doosdronk studente het ons in Shaft in Pretoria saam met die boneheads gemosh op Roots en aapkak gegaan op goed soos Refuse Resist. Vingers gebreek en als. Sepultura was die kak bra. Dié kak.
Dus was ek heavy excited om die metal legendes uit Brasilië hier in onse Kaapstad te check, supported deur Groinchurn (wat spesiaal vir die toer reform het) en ING vir die Kaapse leg by Assembly.
Groinchurn was ook een van die bands wat ek al volg sedert hulle eerste album in ’94. Hierdie grind legends is ook van die Vuildriehoek af en het dik naam gemaak tot hulle opgebreek het in 2001. (Lees my interview met Mark van Groinchurn hier )
ING was eerste op dié aand en well supported, alhoewel nou nie juis my cup of tea nie. Musically tight, maar ek het gevoel die vocals en simpel lyrics corner hulle te erg in die “definitely local” kategorie – and not in a good way.
Volgende op was Groinchurn en alhoewel hulle net vier rehearsals voor die shows gehad het, was dit was asof die manne nog steeds elke week live saamjol. Die sound by Assembly was superb, die dromme tight as fuck en guitarist Mark het gemanage om die kitaar te laat brul alhoewel hy soos ‘n mal bliksem op ‘n pogo stick die hele stage vol gespring het. Christo, vars uit ‘n karongeluk (dis hoe ons rol in die Vaal), moes bietjie chiller as gewoonlik wees om nie nog ribbes en gesigbene te breek nie. Maar sy stem was groots, hard en aanhoudend. Groinchurn was bepoes.
(Ironies genoeg dink ek baie metalheads het Groinchurn vir die eerste keer gesien hier. Back in the day was hulle pioneers wat ‘n massive naam opgebou het as ‘grinding South Africore’ en deur tapetrading en what not eventually gesign is deur Morbid Records en die US en Europa getoer het.)
Met die mosh pit net mooi opgewarm en die toilette klaar plek-plek vol bloederige toiletpapier was dit tyd vir die main act. En hulle was fokken main. Soos ‘n wafferse Suid-Amerikaanse crowd chant onse Kapenaars “Se.Pul.Toera. Se.Pul.Toera.” totdat die Brasiliaanse meesters van tribal thrash ontplof op Assembly se stage.
Die eerste track (The Vatican) is die single van hulle nuutste album en dis poes heavy. Instant mosh pit. Great success. Toe volg ander favourites van al hulle albums soos Kairos, Inner Self, Arise, Biotech is Godzilla, Refuse Resist en ander.
Dié wat kla oor vocalist Derrick Green wat vir Max vervang het, moet bietjie ‘n show bywoon en fokken stilbly. Die ou is massive en nie net letterlik nie. Hy brul, moer dromme, psych die crowd op en stalk die stage soos ‘n pro wrestler. (Lees my interview met Derrick hier)
Jong drummer Eloy Casagrande is sekerlik alreeds een van die heel beste en hardste drummers vandag en stalwarts Andreas Kisser en Paulo Jr sorg dat Sepultura steeds daai authentic Sepultura sound het. Hierdie manne fok nie rond nie.
Dit was een van daai vol, heavy en sweaty shows waar die gees alleen mens poesdronk kon maak (en het). Ek moes die hele tyd myself keer om nie net kliphard te headbang nie en actually die show ook te kyk so nou en dan. Sepultura vandag is steeds hard, heavy en legit.
Die laaste songs het Territorrrreeeeeee en Roots ingesluit en dis hier wat ek vir ‘n oomblik of drie gedink het Assembly se stage het dalk net te klein geword en die moshpit te groot. Chaos, maar die goeie soort. Die soort waarvan ons metal moere hou.
Chaos A.D.
Once.
(Foto’s deur The Image Engineer)
Watkykjy staan op 3,104,708 post views in totaal sedert 1 November, 2019.