Sepultura se toer na Suid-Afrika was alreeds in Mei vroëer hierdie jaar aangekondig en vier maande later, verlede week, het die gewag dit die moeite werd gemaak. Nie net omdat die Brazilian konings van heavy metal vir die tweede keer kom draai skiet het in Mzanzi nie, maar ook omdat ons tjommies van Boargazm en Groinchurn die openers was vir hierdie geraasfees by Carfax in Joburg. Daar was genoeg energie om die gereelde ESKOMlose Wes-Rand to power vir ‘n dag of twee. Ons het ook moontlik genoeg gedrink om ‘n boemie met ‘n lewerafwyking die tydelike vir die ewige te laat verruil. Groot metal, groot headbanging en groot hangovers.
Een van die fans (wat ons al voorheen by die Lamb Of God concert raakgeloop het) het weereens ‘n skedel saamgebring vir dik gees. Larry, was die scull se naam, en hy het net so lekker geheadbang saam met die res van die metalmarabsies.
Die varkies van Wolmer, Boargasm, het dik naam gemaak vir van die crowd members wat hulle vir dalk die eerste keer op ‘n stage gesien het. Tight, harde tunes met net die regte blend van ‘n vark ge-squeelery. Amper soos ‘n kak, cheap bottel wyn wat jy by Checkers score en dan verbasend befok proe as jy die doppie eers platgetrap het. Dit het ook gehelp dat hulle ‘n befokte support base daar gehad het. En die feit dat meeste van hulle poeshot chicks was. Cat Woman kan maar ‘n kak gaan vang. Hail, bacon!
Teen die tyd dat die V-Town veterans van grindcore die stage betree het, was die crowd goed ge-olie en moshpits het soos klein sektegroepies begin uitbreek regoor Carfax se dansbaan. Die metalkerk was teen hierdie tyd in volle swang, die dominee was afwesig en daar was fokol kollekte geneem. Groinchurn is ‘n poesharde band en dis ‘n acquired taste, maar as jy grindcore like gaat hy vir jou aan die strot gryp en eers neersit as die moshkoppies hulle kleingeld, tande en koene tussen die sweet soek op die vloer na die laaste tune.
Enter Sepultura. Kyk, as jy teen die tyd wat hulle Ratamahatta gooi soos Vanilla Ice daarop dans, beteken dit een van drie dinge:
1) Jy is fokken dronk
2) Jy is fokken dronk en kom van Vereeniging af
3) Jy is fokken dronk, kom van Vereeniging af en gee nie ‘n poes om oor hoe jy jou eie metaldansies “interpreteer” nie.
Jirre maats, daai band gooi kakhard live. Flawless, soos jy hom op die CD hoor. Hulle drummer, Eloy Casagrande is nogal something special om dop te hou. Jy skiem naai is harde werk? Gaan sit bietjie voor ‘n drumset as jy eendag die geleentheid kry en probeer vir ‘n uur lank saam met jou Sepultura CD byhou…
Sepultura het afgesluit met Chaos A.D. maar die crowd het aapkak genoeg gegaan dat hulle terug gekom het en ons bederf het met Roots – daai tune wat almal met wit hemde aan ook geken het. En toe fokken moer hulle vir hasie….
Vir die res van die befokte foto’s (geneem deur Henry Engelbrecht), skiet uit na die Watkykjy Facebook page. Daar is kakbaie en lekker kiekies.
Hier is ook so ietwat van ‘n video recap van die aand. Was jy daar gewees?
Watkykjy staan op 3,091,016 post views in totaal sedert 1 November, 2019.