Al gewonder hoe die lewens van Jessica Rabbit en haar tjommies in cartoon land vir ‘n bol kak gegaan het sedert die 80s? Steve Cutts ook. Toe animate hy so ‘n ietsie daaroor. Cutts is ‘n illustrator en animator wat vanuit Londen werk en voorheen vir groot companies soos Coca-cola, Google, Reebok, Kellogg’s, Virgin, Nokia, Sony, Bacardi en Toyota so paar dinge aanmekaargeslaan het. Hy werk meestal met After Effects, Flash en Photoshop.
Behalwe vir die “Where Are They Now?” video met Jessica Rabbit as die narrator, het hy so rukkie terug ook ‘n animation opgetower oor Melissa Bachan, daai trigger happy sker met skietgoed (en poesgroot tiete) wat diere so wild en wakker in Suid-Afrika kom skiet het en selfies geneem het. Jirre, die hele Suid-Afrika was die fok in gewees vir haar…
Volg sommer vir Steve op Twitter ook:
https://twitter.com/Steve_Cutts
Watkykjy staan op 2,933,037 post views in totaal sedert 1 November, 2019.