Jy behoort teen hierdie tyd heel bewus te wees van Watkykjy se moerse party die 4de Oktober by Die Melkery, maar sommige van julle weet dalk nie watse befokte venue die plek is nie. Behalwe dat Watkykjy jaarliks ‘n vet somer jol daar gooi, is die Melkery ook ‘n kief plek om jou birthday, bachelor’s parties of weddings te klap. Hoekom pop jy nie sommer by ons party in om die plek te kom scope nie? Om jou die plek bietjie te leer ken het ons verlede week so paar shots gaan neem daarso en sommer gemix met so paar highlights van verlede jaar se party (wat befok lekker was). Die tune in die video se naam is Black & Blue deur The Slashdogs (wat jy ook by die party te siene gaan kry).
Jou line-up lyk so vir die dag:
Panjo The Missing Tiger – https://www.facebook.com/PanjoTheMissingTiger?fref=ts
Liela Groenewald – https://www.facebook.com/zafolkpunk?fref=ts
Die Skynmaagde – https://www.facebook.com/pages/Die-Skynmaagde/279081948796806?fref=ts
The Oh So Serious – https://www.facebook.com/pages/The-Oh-So-Serious/475884372557492?fref=ts
Coelacanth – https://www.facebook.com/Coelacanthband?fref=ts
Bright Lights Big City – https://www.facebook.com/BLBCband?fref=ts
Cortina Whiplash – https://www.facebook.com/cortinawhiplash?fref=ts
The Slashdogs – https://www.facebook.com/pages/The-Slashdogs/24028039802?fref=ts
Teen slegs R150 is hierdie ‘n absolute fokken bargain. Bring jou tent en kom kamp verniet oor sodat jy lekker gesous kan raak die aand. Daar sal moerse lekker kos te koop wees, craft bier asook ander stalletjies wat goedjies gaan smous. Kom support die beste local musiek in die mooiste maand en neem sommer deel aan die Dooskar Derby om zak te wen. Bring cash saam – daar is nie ‘n ATM of credit card fascilities nie.
As jy in Oktober verjaar kom jy for fokken free in, en al jou tjommies saam met jou in die kar betaal net halfprys.
Join die Facebook event vir die Watkyky jol – https://www.facebook.com/events/1411940159066758/
GPS:
-26.032280, 28.347516
-26° 1′ 56.21″, +28° 20′ 51.06″
O ja, en hier is die Skynmaagde om jou op hulle eie weird manier uit te nooi na die jol toe. Die kakwarm chicks van Cortina Whiplash was gister by Watkykjy HQ, so ons sal daai video volgende week vir julle drop…
Watkykjy staan op 3,102,323 post views in totaal sedert 1 November, 2019.