Weet jy van die Dooskar Derby, huh? Ons klap hom Satedag 4 Oktober laatmiddag so tussen die oggend en die aand se bands by die Melkery. Jy skryf in vir R20 cash. Hoe meer mense deelneem, hoe groter is die cash pryse vir eerste, tweede en derde plek. Ons vat fokol van die zak – dit gaan alles na die wenners toe.
Versamel solank allerhande karton vibes, foelie en what-what om saam te bring en jou dooskarretjie te bou. Ons sal ‘n dooskar-depot ook daar iewers gaan neerplak as jy extra spare parts kort.
Kom check ook al die bands uit, vreet lekker kos, maak ‘n paar kappe en kamp verniet oor die aand. Entanrance is 150 bucks, tensy jy in Oktober verjaar – dan kom jy verniet in en enige tjommies saam met jou in die kar by die hek betaal halfprys. Deal? Fok ja!
Meer details op die Facebook events page:
https://www.facebook.com/events/1411940159066758/
Hier is vir jou ‘n bietjie van ‘n aansporing in die shape van ‘n video invite. Tag somemr al jou tjommies, kom neem deel aan die pret, kyk bands, kap ‘n paar doppe en kom geniet jouself in jou moer in.
Watkykjy staan op 3,090,337 post views in totaal sedert 1 November, 2019.