Voor ek begin kots oor kak rappie, wil ek net verduidelik dat kak rappie ook die rede is waarom ons so bietjie minder belangstelling in die game begin toon het. Superbru suig dik zaber want jy moet deesdae eerder kyk wie die ref is voor jy jou raaiskoot kan maak. Nee donner.
Back to business – as jy die storie al klaar lees wen jy dalk tickets vir die Bokke se game op Ellis Park… Once.
Sorry my chinas, maar daar is meer as genoeg rede vir ons om bly te wees dat die Bokke verloor het. Ons het amper op ons moer gekry teen die Pumas en nou het die Aussies ons so bietjie in die stort beetgekry en yes boys, ons het letterlik die seep laat val.
Hoekom sou ons dan bly wees om sonder enige teken van Vaseline, shots in die chutney te vat?
Wel, dis eenvoudig – ons coaches bly kak besluite maak en die boeremafia pas vir Heineken so mooi op dat die bra nie regtig ‘n voet verkeerd kan sit nie.
Voor ons verder moan oor die Aussie fokop, kom ons kry net gou een ding klein – Heineken is die regte bra vir die job. Yes hy is, maar vir hom om sy job reg te kan doen moet hy en sy span ook so elke nou en dan ‘n reality check kry. Ons kak en kerm daagliks oor die ANC en hoe deur die kak hulle is, maar waar is die DA, Solidariteit en al die klakouse as dit kom by iets waaroor ons so half ‘n fok voel? Net soos ons vir PDivvy opgefok het verdien die vormalige chief in charge van Blou Bul rappie ook so elke nou en dan ‘n PK.
Ek is bly ons het verloor want:
- Heineken bly Ruan Pienaar kies (die week weer) en die realiteit is dat ons skakelpaar meeste spanne laat lag. Sorry Morras, maar daai penalty wat moes uit wees is die fokken tip of the iceberg. Morras kan ‘n match winner wees, maar is nie naastenby op sy beste nie. Kies Lambie en Reinach en kry klaar. Ruan is die beste utility back in die wereld, laat hom daai job doen. Capish? Die laaitie wat julle die week gekies het is nog nie reg vir All Black rappie nie… Nes Goosen… ai ons leer nie
- Wat doen Hougaard in die span? Kyk julle fokkers nie Super Rugby nie of is ons die enigste span wat ‘n vleuel op die bank sit?
- Matfield Square hoort op die bench – finish en klaar.
- Ons speel sonder ‘n buitesenter. Kies ‘n buitesenter wat actually ‘n buitesenter is. Hierdie les is redelik laerskool. Ek gaan nie ‘n plumber bel as ek ‘n fokken sparkie nodig het nie. Wat is fout met Juan de Jongh of Subaru Sithole? Toetsrugby is so half gespesialiseerd boys – kies spesialiste vir die job of stuur punte. Dit is ook nie die plek waar ‘n bra moet leer hoe om te jol nie.
- Hou op kak praat. “Ons kan die All Blacks wen” is ‘n stupid stelling om te maak, ou Heineken. Ons kan ook ‘n man op die maan sit, maar dit gaan nie noodwendig volgende week gebeur nie. Ons was kak teen die Pumas in altwee daai games en ons was kak teen die Wallabies. “Ons speel tans kakkerig” is dalk ‘n beter angle.
So is dit verkeerd om bly te wees dat ons veloor het? Nie regtig nie. Check, ons sou befok bly gewees het as ons gewen het, want met die besluite wat tans deur die ringkoppe in ons rappie gemaak word sou ‘n sege een moerse surprise gewees het – en wie is nie happy as ‘n gamble vir ‘n slag werk nie?
Nou vir die tickets
Bra Griffin gee 12 tickets weg vir die game tussen die Bokke en die All Blacks op Ellis Park. Gaan check bietjie op Facebook hoe jy saam met die Watkyjy Super Dosyn met ‘n boozebus van Monte na die game kan gaan. Kiefpiele!
Volg Kaptein Kortbroek op twitter en check bietjie hoekom Toks hom geblock het.
Watkykjy staan op 3,089,939 post views in totaal sedert 1 November, 2019.