Julle zefspotters submissions word effens eenkant toe geskuif vir een week, so laat hulle asseblief steeds inrol. Ons het onthou dat ons in Kriel was…
Aaah, Kriel. Die pragtige steenkooldorpie wat sy bestaan danksy ESKOM in die 1970’s op hulle lysie kan afmerk. Kriel, die dorpie met die fokken lelike naam en mooi skoorstene en sy dik besoedelingswolke waaroor daar sekerlik nog geen gedigte neergepen is nie. Kriel, die Vereeniging-lite van Mpumalanga.
Ons het sowat drie vergeetlike ure in die steenkoolreus spandeer ongeveer drie maande terug en was dit nie vir ‘n hard drive clean-up effort gewees nie, sou die foto’s en video clips heel moontlik vergete gebly het.
Elke plattelandse dorpie het hierdie innnerlike konflik om die zef met die klassieke te balanseer and therein lies the beauty of it.
Hierdie motorfietsie dateer uit die 1940’s uit as jy daai bordjie op die neus kan glo. Fokol informasie kon oor die fiets opgespoor word. Die naaste informasie aan ‘n 1941 Excelsior (Villiers op die tank?) wat opgespoor kon word, relate na Schwinn DX Excelsior fietse en hulle parte op eBay alleen is poesduur. Hierdie omie sit dalk op ‘n goudsteenkoolmyn.
Whatever die bike hierbo is – hy staan nie ‘n kans teen die Kawasaki Z13 nie. Hierdie outjie mag dalk uit die 1980s kom, maar met sy onherkenbare customization sal hy sekerlik enige iets (waaraan daar by die huis in die garage aan gewerk was elke tweede Sondag na kerk) met tussen een en agtien wiele in sy fuck you in stuur op ‘n quarter mile – gewoonlik Voortrekkerstraat. Elke dorpie het ‘n Voortrekkerstraat.
Wat is ‘n kartentoonstelling in ‘n klein dorpie nou sonder ‘n Ford Capri? As jy ‘n ingevoerde Capri besit is dit moontlik ‘n stuk kak want die Perana is die 70s deur Basil Green Motors locally vervaardig. Die outjie het met ‘n V-8 Ford Windsor engine gedrafstap. Daar was net 500 van hierdie outjies in Suid-Afrika convert, so as jy een het, is jy fokken lucky. As hy geroes iewers onder ‘n boom staan is jy net poes zef.
So gepraat van Ford, ons het geen idee waddefok hierdie is nie. Die brein wil nie saamwerk om te onthou watse boude by die neus pas nie, maar die neus tune 5.0, so dis impressive genoeg om die foto te post. Plus, skel-oranje is nogal ‘n gesogte kleur.
Vergun ons om nog ‘n Ford te plaas. Die Ford XR8. Hierdie giftige kat het ‘n ryke Suid-Afrikaanse geskiedenis van sy eie (maybe wil een van julle vir ons ‘n storie daaroor skryf) en is blykbaar nog skaarser as die Perana Capri. Ons het met die eienaar van hierdie spogskip gesels en hy hy’t ons getune dat jy ‘n ware XR8 in ‘n aanvaarbare toestand nie vir minder as R200k sal optel in Mzanzi nie. ‘n Vinnige soektog op die Google matjien het ons in die rigting gepoint vir enetjie wat iemand swaai vir R220k. As jy een besit, hou haar vas soos daai eerste girl wat so aan jou geklou het vir cuddles na jou eerste raps session. Weet jy hoe baie timeshare jy kan koop met R200k? Nee, ons ook nie. Seker baie.
Die konign van rally racing, die Mitsubishi Lancer was ook daar. Die eienaar het probably ‘n shortcut gevat deur die mielielande van die hele Mielievierhoek om sy kar te kom uitstal, want hy kan. Daai blou op die engine? Dis moontlik simbolies van hoe die kar die blou kak uit die aarde kan jaag.
Kan iemand vir ons dalk bevestig of hierdie ‘n Chevrolet is? Ons is onseker. Soms oor onsself ook…
En hier kom ons nou by nie nie-lekker gedeelte. Waddefok is hierdie en wat maak dit tussen die soortvan-classic karre? Hoekom is daai mags oranje? (uitgespreek ‘oeranja’). Hoekom is die agterste venster met ‘n home-kit getint? Waarom net die agterste venster. Aggenee man. Gaan weg.
Hierdie Honda Ballade is nogal spesiaal met sy dubbel kazospypstelsel en daai vlerk wat ‘n pterodaktiel sal laat selfmoord pleeg van skaamte, sou pterodaktiele ‘n onverklaarbare come-back maak. Die “Powered by Honda” sticker is ook effens van ‘n overkill. Ons weet dit is ‘n Honda, nool. As die kar met ‘n Chana engine gerol het, kon dit “Powered by Honda” getune het, maar meeste karre word by uitstek maar aangedryf met die engine wat die jirre vir hom gee. Daai interior on the other hand, Darren, is fokken topklas. Dit herinner aan krapperige Adidas sweetpakbroeke uit die 80s. Van Hospice af.
Hierdie bra het sy Beetle ook daar kom park. Die notice in die venster tune “Not Finished Yet”. Dis soos om na ‘n Lego convention toe te gaan en ‘n hoop Legoblokkies op die tafel uit te moer.
As iemand verbyloop en vra: “Waddefok is dit?”, tune jy hom bloot: “Dis die fokken Death Star. Kan jy nie sien nie? Not finished yet.”
Imagine jy het hierdie gekry as laitie vir Krismis. ‘n Klein bike en ‘n klein kar! Fok ja! By nadere inspeksie sien jy pappa het dit met Blou Bulle insignia gaan staan en befok. Jissis, pa!
*hardloop kamer toe, klap deur toe en luister metal poeshard*
“Niemand VERSTAAN my nie!”
Dit was fokken moelik vir Bytjie om gangster signs te gooi met slegs vier vingers op hoë spoed.
Die modeparade (of was dit nou mejuffrou tiener?) was ‘n groot hoogtepunt gewees. Indien julle gewonder het (julle het glad nie, right?) was die apteek die main sponsor gewees. Ons sal liefs nie spekuleer oor die pryse vir die wenners nie. Ons kan ook nie onthou wie gewen het nie. Ons dink ook nie dit het die aarde se rotasie om sy eie as versteur nie.
Wat ons wel weet is dat die decor vir die modeparade baie fyn beplan is. Ons skat die tyres klap hierso by die drie meter as dit regop staan. ‘n Jafel met ‘n nek-kuif het onderlangs aan sy gabba meegedeel dat daai tekkies fokken piele sou lyk op sy Datsun 1400 bakkie. Jy kan nie met so ou stry nie, want jy weet nie regtig wat hy met “Datsun 1400 bakkie” bedoel nie.
Ons het goddank nie rondgestick vir die aand se “entertainment” deur “bekende” Afrikaanse sangers nie, maar ons het wel vir so paar sekondes na Nimlike Panfluitman se soothing tunes geluister. Sy naam is nie regtig Nimlike Panlfuitmant nie, maar dit behoort te wees. Want hy is nimlik. En sy tunes is regtig soothing. In retrospek sou ek graag self die panfluit wil bemeester en my albums verkoop by die Swartgoudfees, maar ek sal voorbereid wees en die mark hard slaan.
Ek sal my album “Kriele vir Sannie” roep…
Watkykjy staan op 3,090,606 post views in totaal sedert 1 November, 2019.