Kom ons skop die naweek eers af met ‘n nommertjie deur Vana, een van die members van The Oh So Serious. Hierie outjies gaan ook by die Watkykjy party jol die 4de Oktober. Dis maar net een van die 8 bands vir daardie lekker Saterdag by die Melkery, so gaan check die Facebook event uit en join. Hierdie tune se naam is City Kid Blues. Ons het nie geweet wat om met hierdie one-take video te doen nie, toe skiet ons hom sommer in die vuil back-yard. Met ‘n ou mirror. So dis nie arty vibes nie. Ons het maar net uit idees gerun. Want drank…
Vir die bra’s van julle wat eerder daai dag die Bokke teen die All Blacks wil gaan kyk, gee ons twaalf kaartjies weg na die game. Jy word met ‘n booze bussie opgetel en afgelaai by Montecasino. Gaan enter daai kompetisie op Watkykjy se plinternuwe Facebook page. Kan ons asseblief orderlik verdaag? Dis nou naweek…
Watkykjy staan op 3,089,791 post views in totaal sedert 1 November, 2019.