Hoss, maats. Dis daai tyd van die jaar wat ons hier by Watkykjy weer ‘n lekker party gooi by die Melkery (‘n plaas so katspoegie tussen ‘Toria en Kempton) met ‘n klomp bands en ander entertainment. Die van julle wat laasjaar daar was sal onthou dat dit ‘n kiefpiele party was.
Facebook event hierso: https://www.facebook.com/events/1411940159066758/?fref=ts
Die groot dag is Saterdag 4 Oktober en hier is die directions, sommer in Ingils:
From JHB: Take the R21 towards the O.R. Tambo International Airport/Pretoria, pass the Airport and take the R25/ Thembisa South off-ramp.
From PTA, also take the R21 towards the O.R. Tambo International Airport/Kemptonpark, take the Thembisa South/R25 off-ramp (the first off-ramp is Thembisa north, don’t take it).
Follow the curve of the road and turn right at the T-junction (turn towards Bronkhorstspruit). Travel for +/- 8.5km and turn right onto the gravel road at the B&J Engineering sign. Go over the railroad bridge and keep to the far left (against the wire fence), follow the road and signs to venue.
Melt Sieberhagen is die MC vir die dag en hier is jou line-up:
- Panjo The Missing Tiger
- Liela Groenewald
- Die Skynmaagde
- Coelacanth
- The Oh So Serious
- Cortina Whiplash
- Bright Lights Big City
- The Slashdogs
Entrance is R150 (jy betaal by die hek) en jy kan sommer ‘n tent saambring en oorslaap die aand sodat jy nie gepiel huistoe moet ry laat die aand nie. Bring ook cash saam vir die kontantkroeg, lekker kos, craft bier en ‘n paar lekker dinge wat jy by die stalletjies kan koop soos shirts, vinyls, CDs en dies meer.
MOERSE BONUS: As jy enige dag in Oktober verjaar, kom jy verniet in en almal wat saam met jou in die kar is by die hek, betaal halfprys. Hoe is daai virre naai? Lekker, huh? Jy moet net jou ID wys sodat ons kan verify dat jy nie poes praat nie.
Daar sal ook ‘n paar ander acts deur die dag wees asook die inaugeral Watkykjy Dooskar Derby. Jy moet solank kartonbokse, toiletrolle, foelie, papierborde and allerhande goedjies begin versamel by die huis om deel te neem aan die Dooskar Derby. Check, jy gaan ‘n kartonbokskarretjie bou en aan ‘n race deelneem. Entrance is R20 as jy aan die race deelneem en ons split al die entry geld tussen eerste, tweede en derde plek. Ons gaan julle judge op aspekte soos:
a) Hoe next level jou dooskarretjie lyk
b) Hoe goed jy jou karretjie parradeer in die fashion show net voor die race
c) Hoe awesome jy kargeluide kan maak terwyl jy race
d) Die general handling, cornering en revving van jou kar.
e) Possibly jou racing outift.
Jy bring al die parte na die party toe waar jy hom aanmekaarsit, maar jy mag ook ‘n pre-built dooskarretjie saambring. Ons het die Watkykjy Dooskarretjie van scratch af gebou in minder as ‘n uur:
Moenie worry nie, daar sal ‘n communal doos met “spare parts” ook wees as jy hier en daar ietsie kort.
Na die bands gejol het sal die DJs oorvat tot jy nie meer kan staan nie. Hierso is die bra’s van Coelacanth om jou uit te nooi na die party toe:
Watkykjy staan op 3,092,390 post views in totaal sedert 1 November, 2019.