Na ‘n suksesvolle Oos-Europese toer verlede jaar, keer die Metal All Stars terug om in die res van Europa ass te kick. Maar fok daai nuus, want die ouens kom Suid-Afrika toe in November ook – die 21ste in die Kaap en die 22ste in Joburg met meer as 2 ure lank se kick-ass metal classics deur ‘n span ouens in verkillende set-ups deur dei aand wat weet presies wat hulle fokken dien. Die Metal All Stars bestaan uit:
Zakk Wylde (Black Label Society)
James LaBrie (Dream Theatre)
Geoff Tate (destydse Queensryche)
Joey Belladonna (Anthrax)
Cronos (Venom)
Dave Ellefson (Megadeth)
Chuck Billy (Testament)
Ross The Boss (ex-Manowar)
Carmine Appice (Vanilla Fudge, Rod Steward)
Vinny Appice (Dio, Black Sabbath)
Gus G (Ozzy Osbourne)
Blasko (Ozzy Osbourne)
Kobra Paige (Kobra and The Lotus)
Ons sal natuurlik by beide shows wees om met die metalmanne geselsies aan te koop en as julle al julle groente opvreet, sal ons dalk ‘n kaartjie of twee weggee nader aan die tyd. Vir nou kan jy eers net bietjie excited raak en dankbaar wees dat die ouens van RAMfest sulke befokte harde acts Suid-Afrika toe sleep. Vir nog info, check die links uit.
www.metalallstars.com
www.facebook.com/metalallstarsofficial
www.twitter.com/metalallstars
Watkykjy staan op 3,101,772 post views in totaal sedert 1 November, 2019.