Nee, nie jy wat daar met jou iPhone wag om jou tietkop vriend af te neem wat ‘n emmer yswater oor homself gaan uitfok nie. Go ahead, have some fun. Youtube daai shit faktap! Ek praat met daai stupid self-righteous naai wat kwaad is vir die ice bucket challengers en reg is om ‘n foto van honger kindertjies in Afrika te tweet. Die slaktivis:
“Jirre, hoe durf mense soveel water mors?”
“Hoekom donate hulle nie eerder geld nie?”
“Suid-Afrika het soms twee dae in die week fokol water.”
“Julle weet nie eers waaroor die ice bucket challenge gaan nie!!111!”
en een van die bestes: “Die ice bucket challenge is basies narsisisme gemasker deur as altruisme” – dalk ‘n fokken woordeboek gesluk, ou dikpiel?
Hier is ‘n vinnige boodskappie vir daai ouens: get the fuck over yourselfie. Jy het moontlik jou neus-in-die-lug opinie van jou poesduur smartphone af gestuur (kindertjies in Afrika het nie fone nie) terwyl jy geïrriteerd in Woollies se queue staan en wag om vir jou Valpré te betaal (met jou platinum kaart) omdat kraanwater benede jou is. Probably in werkstyd terwyl iemand anders jou werk sit en doen.
As jy so gefokken pla is met mense wat water mors – ‘n hele fokken emmer, god forbid – antwoord die volgende vrae:
Oor swembaddens:
Het jy al ooit in jou lewe in ‘n swembad gepis? Trek ‘n miljoen punte af vir jouself as dit jou of jou familie se eie swembad is.
Wanneer jy in ‘n swembad klim, voel ooit jy skuldig omdat jy in potensieel 50 miljoen kindertjies van Afrika se drinkwater swem (“hulle” kry mos net ‘n Coke proppie vol water as “hulle” gelukkig is”)
Het jy al ooit ‘n bommie in ‘n swembad gemaak of keer die hoeveelheid water wat jy gaan mors jou?
Moes jy al jou swembad laat leegtap omdat jy hom moes laat regmaak vanweë jou eie neglect? Bietjie lui geraak in die winter?
Loop jy met ‘n fototjie van hongersnood in jou leerbeursie rond om agter die struik soos Green Peace uit te spring as pappa die pool backwash?
Kyk watse groot poes is my hond. Kyk hoe fokken mors hy met water:
Oor jou tuin:
Recycle jy reënwater om jou tuin nat te gooi?
Het jy al ooit ‘n spreier op die grasperk oop vergeet? Wat?! Meer as eenkeer? Fokken moordenaar!
Is daai tuinslang van jou hundreds of loop daar water uit soos ‘n krimpie se piel by daai lek wat jy met duct tape try fix het?
Pla daai lekkende kraan wat elke 30 sekondes ‘n druppel mors jou, of is dit “nie so erg nie”.
Was jy jou kar met stof of bid jy hom fokken skoon?
Oor jou kombuis, ablusie en wasgeriewe:
Jirre, het jy ‘n dishwasher? Fokken nice! ‘n Wasmasjien ook? Befok!
Los jy jou skottelgoed en was dit net eenkeer per week met ‘n koppie water of lek jy net jou bord mooi af om water te bespaar?
Het jy al so groot kak gehad laat daai baba-arm vir jou lê en kyk terwyl jy die toilet drie keer moes flush? Blerrie doos, iemand kon daai water gedrink het. Iemand in Afrika. Mos.
Hopelik bad of stort jy. En hopelik doen jy dit met een of ander vorm van vloeistof. Ek gaan ‘n fokken wilde raaiskoot vat en reken dis water. Is ek reg? Is dit water?
Hoe vol gooi jy daai bad en hoe poesduur is jou bubble bath?
Ek neem aan jy naai soms. As jy en jou goose ‘n lekker morsige gulpvrugpolka gegooi het, klim julle dadelik in die stort, of wag julle dat alles sulke lekker droë skubbe maak sodat jy dit wind-af die volgende oggend met ‘n sponsie afskuur dat die skilfers oor die bure se muur waai?
Waarmee borsel jy jou tande? Kak?
Oor drank:
Hoe hou jy jou dop of koeldrank koud in die somer? Met eish?
Hoeveel doppe doos jy om in jou dronkenskap? (daar is water in drank ook, glo dit as jy wil)
Daai sak ys wat so lê en smelt het in die cooler box – roep jy almal laat hulle in ‘n sirkeltjie staan en gooi water in hulle keelgatte af deur ‘n tregtertjie? Ek het nie so gefokken dink nie.
You get what I’m saying? Hou op om jou hande in onskuld te was. Gebruik water soos die fokken res van ons.
Dit is waar dat die hele ice bucket challenge nie die heeltyd zak insamel of aangewend waarvoor dit oorspronklik beoog is nie, maar seriously, who gives a fuck? Vir sommige mense is dit pret om water oor hullself uit te fok en ‘n video daarvaan te maak en op YouTube te laai. Wat wel gebeur het is dat ‘n kakhuis vol mense nou actually weet van ALS (amyotrophic lateral sclerosis) of die split-off insameling vir MNS (motor Neurone Disease) – gaan lees op daaroor. Julle weet miskien nie waddefok dit is of beteken nie, maar julle hoor daarvan. Gaan dit my ewe skielik laat geld skenk daarvoor? Noddefok nie, maar dit gaan my miskien laat wonder oor ander charities en of ek genoeg doen. Miskien stuur ek my goose om weeshonde te gaan stap. Dalk skenk ek weer geld vir ‘n hond iewers in Amerika se operasie. Fuck knows, maybe skenk ek tog geld vir Joost se foundation en hoop iemand koop nie Cat met die zak nie. At least kry dit mense aan die praat en aan die dink. Fok, at best laat die hele gedoente jou dink aan hoe om water te bespaar, maar jy gaan my nie laat skuldig voel oor een ou fokken emmertjie vol water en ys nie. Jou poes, man. Jy kan gaan kak.
Terug by die lekker mense: jy wat daar met jou iPhone wag om jou tietkop vriend af te neem wat ‘n emmer yswater oor homself gaan uitfok – ons het nog ‘n game vir jou en jy kan gerus saamspeel. Dit is National Breast Cancer Awareness Month in Oktober.
Hier is wat ons graag wil he jy moet doen vir… kom ons noem dit sommer #CheckJouTiete:
Ons challenge julle (obviously meestal die chicks) om wit hemde aan te trek sonder bra’s en water oor julleself uit te gooi en op YouTube te laai en nog mense te nominate. Fok, nominate sommer drie mense vir ‘n beter hit rate. Skenk geld aan Cansa as jy so voel, maar kry die boodskap uit want at least gaan een meer persoon hulle tattas check vir lumps en possibly ‘n disaster voorkom. Eintlik wil ons net graag julle woefies se nat neusies sien.
Die eksperiment kan een van die volgende ses gevolge hê:
Absoluut fokol gaan gebeur.
At least een chick sal haar tiete laat check.
Baie dudes gaan happy wees omdat hulle nat, fantastiese heuewels te sien kry.
‘n Hele paar feministe gaan uit die krake kruip.
Dit gaan jou dalk laat dink oor waar jy met enige charity van jou keuse staan en of jy genoeg gee vir enige cause.
Mense met stokke in hulle holle gaan op social media kla oor hoe jy water mors en foto’s tweet oor honger kinders in Afrika terwyl hulle by die queue in Woollies staan en wag om vir hulle Valpré te betaal met hulle platinum kaarte…
Net ‘n nagedagte: “The ALS Association has received $94.3 million in donations compared to $2.7 million during the same time period last year (July 29 to August 27). These donations have come from existing donors and 2.1 million new donors.”
http://www.alsa.org/news/media/press-releases/ice-bucket-challenge-082714.html
So moenie kom met tos dat die ice bucket challenge fokol tot die sukses bygedra het nie.
Watkykjy staan op 3,084,453 post views in totaal sedert 1 November, 2019.