Natuurlik het jy jou kak verloor, want dit was ‘n moerse lekker party. So lekker dat die organisers een van die prawns die Maandagmiddag in die stof aangetref het iewers in Mordor, lank nadat sommiges van weer aan die stuur van die land se ekonomie was. Die laitie het daar in die vuilte gesit en drink en wieg, plat op sy gat, half skeef in die stof.
“Wat maak jy, bra?” het een van die organisers hom gevra.
“My pa bring vir my spare kar sleutels. Ek het myne verloor”, tune hy terug terwyl hy nog ‘n teug van die (obvious sonverhite) premix uit die plastic bottel vat en sy laaste bietjie balans hom skeef tune.
“En wat skiem jy gaan jou pa doen as hy jou so hierso sien nadat hy al die pad moes uitry plaas toe met jou sleutels?” vra hulle hom weer.
Nog ‘n keer lig die arm en ‘n sluk gaan in sy rou, hees keel af: “Hy gaan my fokken DOOOOODPOES!”
Hopelik was jou Koppi beter gewees, maar indien jy iets verloor het, mag jy dit dalk in die gallery hieronder bespeur. Fokweet, maar julle het weird (en soms lelike goed) weggemoer. Van beursies, handsakke, sleutels, selfone, brille, bankkaarte, IDs tot trouringe. As jy een van die bra’s met die trouringe is, good luck. Gaan claim sommer daai sambreeltjie ook, want dit gaan moontlik poesklappe reen by die huis as dit nie alreeds het nie.
As enige van hierdie besittings joune is, mail die mense by Oppikoppi om te reel om dit te gaan optel: info@hilltoplive.co.za
[rev_slider koppi_lost_found]
Volgende keer, maak at least jou fokken karsleutels iewer vas aan daai jeanpant. Dis nie asof jy meer as een broek die naweek gaan dra nie, jou blerrie vuilgat.
Watkykjy staan op 3,085,080 post views in totaal sedert 1 November, 2019.