Fokofpolisiekar rock Suid-Afrika vir meer as tien jaar lank al en het in 2004 hul eerste vollengte album, Lugsteuring, release. Nou tien jaar later is die outjie op vinyl beskikbaar (heavy limited – net 500 copies beskikbaar) en hulle gooi ook hulle “Bose Kringloop” toer hier bo in Gauteng.
“Op Lugsteuring is daar die song, ‘Sielswartgat’, met die lirieke: ‘Dis ‘n bose kringloop en onder draai die duiwel rond’. Toe ek aan ‘n toernaam gedink het, het dit by my gestick. Elf jaar terug het ons begin toer en ons doen dit nogsteeds. Dis ‘n bose kringloop…’’ tune Wynand Myburgh, Fokof se bassist.
Fokof se gigs hierbo in Gauteng (en een show in Skelmbos) lyk so vir die volgende maand. Maak veral seker jy mis nie die Barnyard shows nie – dis fokken lekker en volg weer die resep van half acoustic, half rock vir ‘n volle 120 minute.
- 29 Augustus: Firkin, Centurion
- 30 Augustus: Sundowners, Alberton
- 31 Augustus: Barnyard Teater, Parkview
- 18 September: Arcade Empire, Potchefstroom
- 19 September: Rumours Lounge, Roodepoort
- 20 September: Voortrekker Monument, Pretoria
- 21 September: Barnyard Teater, Cresta
- 23 September: Klein Libertas Teater, Stellenbosch
Ons het een vinyl om weg te gee hier op Watkykjy, asook een stel double tickets na elk van die volgende shows:
30 August: Sundowners, Alberton
18 September: Arcade Empire, Potchefstroom
21 September: Barnyard Theatre, Cresta
23 September: Klein Libertas Theatre, Stellenbosch
Al wat jy moet doen is om mooi daarvoor te gaan vra op die nuwe Watkykjy Facebook page waar jy die shared link na hierdie post sien. Like sommer die page ook vir good measure. Onthou ook om ons te tune watter shows se kaartjies jy soek (Alberton, Potch, Cresta of Stellenbosch) en hoekom ons die vinyl vir jou moet gee. Die wenner van die vinyl sal nie noodwendig ‘n ticket wenner ook wees nie.
Watkykjy staan op 3,089,799 post views in totaal sedert 1 November, 2019.