So jy verjaar in die Oppikoppi maand, tussen 23 Julie en 22 Augustus en almal wat daar is sal dit weet, want jy gaan hulle fokken vertel. Volgens tradisionele sterrehippies is die son jou heersende planeet. Yup, alles fokken draai om jou.
Die woord “nederig” bestaan nie juis in jou woordeskat nie. Jy’s mos ‘n fokken leeu, die koning aan die bokant van die voedselketting. Ongelukkig maak dit van jou ‘n moerse drama queen want die spotlight is jou kos. Jy like heavy van aandag en sal enige oomblik aangryp om die kalklig te steel. Jy is daai drommel wat by ‘n vierjarige se partytjie opdaag en die aandag eerder op jou vestig as die arme tjokkertjie wat nou dikbek met ‘n partytjiehoed skeef op sy kop sit terwyl een van daai irriterende blaasfluitjies pap by die kant van sy mond uithang.
Kortom, is jy net ‘n doos.
Vir baie van jou vriende is jy egter vreeslik snaaks, alhoewel jou grappies en staaltjies vreeslik fokken lame is. Jy weet dit blerrie goed, maar dit pla jou nie want jy like om vriende en partners te kies wat jy beskou as “dommer as jyself”. Die leeu moet alles in check hou, jy check? Dus die keuse van simpel vriende. Die mense om jou wat jou wel tolerate is egter slim. Want waar Leo’s is, is daar zak en parties. Hulle gebruik jou net. Dis die tipe “vriende” wat agter hulle hand vir die ou langs hom fluister: “Wat ‘n fokken doos, kom ons fokken duik. Ons het klaar sy duur drank gesluk”.
Omdat jy heeltyd in die spotlight is, floreer jy noodgedwonge op komplimente. As kind het jy gereeld tande getel in die grootmense se geselskap, maar jou ouers was fine daarmee, want jy is special. “Ag Fransie het so ‘n mooi stem!” sal mamma oor ‘n koppie koffie aan die vriende in die sitkamer laat weet terwyl jy met sussie se make-up en Barbiepoppe voor die gordyn dans. En dit is al wat nodig was om Suid-Afrika se kak popmusiek die wêreld in te stuur. ‘n Fokken trop Leo’s.
Jy het darem ‘n groot hart en jy is altyd daar om te help al is dit moontlik net ‘n act om jou enorme ego te streel. Oooh jirre en jy is besig, hoor! Altyd besig. Al is dit as huisvrou waar jy glitzy charity events reel, jy weet, vir die kinders of jou kreatiewe kant die oorhand kry en jy sit en bersies hekel. Of fancy vingeretetjies maak vir jou volgende party. Dis nou daai party waar jy uitstaan soos ‘n seer duim en moontlik te veel suip en ‘n total ass van jouself maak.
Wat jou liefdeslewe aanbetref is jy ‘n moerse passionate persoon. As dinge regloop, loop dit soos stroop. Jou troue was heel moontlik poesduur en (in jou oë) fokken glamourous en “die partytjie van die jaar” gewees. Maar jirre, moenie dat dinge vir ‘n bol kak gaan nie, want nie eers ‘n Transformer sized miskruier sal daai bol kak kan wegrol nie. Fights raak vieslik en over the top. Goed word gebruik. Die verhouding versuur erger as melk wat vir ‘n week buite gelos is en geliefdes word vyande. O ja, en jy verander in ‘n stalker.
Dis nie moeilik om uit te figure wie jy in die corporate werkplek is nie. Dis jou skuld dat almal laat fokof, want jy bring heeltemal te veel kak na die tafel toe. Probeer ‘n bietjie om jou bek te hou in meetings. Mense wil fokken huis toe gaan. Veral op Vrydae, jou blerrie nool.
Jy werk moontlik in advertising of een of ander “posisie van mag” waar jy heeltyd kan brul, maar dis net omdat jy dit moontlik nie in die vermaaklikheidsbedryf gemaak het nie. Hoe kan hulle nie jou potensiaal raakgesien het by die laerskool toe jy die rol van Josef vertolk het tydens “Die Storie van Jesus” nie. As jy net meer komplimente gekry het kon jy nou ‘n danser, akteur, presenter, musikant of selfs Julius Malema gewees het. Tog kla jy nie, want die geld is goed waar jy nou is. Daar is altyd meer geld. Dis dan ook hoekom jou gunsteling kleure goud en oranje is. Goud, obviously omdat daar altyd zak is, en oranje omdat jy dink dat die son uit jou fokken hol skyn. Jou Kryptonite? As iemand jou ignoreer. Jy wil apies met slap arms kak as mense jou ignoreer…
Ten minste is jy nie alleen nie. Die volgende mense is ook Leeutjies. Nouma lekker verjaar, hoor!
Charlize Theron
Lisa Kudrow
Jennifer Lopez
Arnold Schwarzenegger
Sean Penn
Sandra Bullock
Fidel Castro
heel moontlik King Joffrey Baratheon
Watkykjy staan op 3,090,242 post views in totaal sedert 1 November, 2019.