Marcus Alqueres is 'n moerse talented bra wat al in 'n hele paar visual effects departments regoor Hollywood gewerk het. Van die movies wat onder sy magic vingers deurgeloop het sluit in 300, Source Code en Rise of the Planet of the Apes. João Sita (wat op Avatar en Twilight gewerk het) het ook uitgehelp en The Flying man feature omtrent 60 visual effects shots. Sonder om enige agtergrond regtig te skep, vertel dit die storie van 'n vigilante tipe bra (wat obviously kan vlieg ook) wat amok maak in die stad. Dit laar mens half dink aan 'n mix tussen Batman en Dexter. Imagine daai kak? Scary shit, man.
Alqueres het besluit om die video online te gooi sonder om dit vir enige film festivals in te skryf, net om die online community se reaksie te toets. As mens kyk na die kakbaie views en likes, skiem ons hy't 'n befokte job gedoen.
Hierdie is nogal die tipe movie wat mens graag as 'n vollengte feature film wil gaan kokkenodge, so kom ons hoop hy vat dit verder. Dis nogal 'n vars kyk na die superhero genre. Fokol gay Spiderman vibes.
Hier is 'n klein 1 minuut video wat so klein bietjie insight gee in die "making of" van The Flying man. Die bra het baie layers, green screen en 3D special effects gebruik:
Watkykjy staan op 3,084,324 post views in totaal sedert 1 November, 2019.