Fist Of Jesus deur Adrian Cardona en David Munoz is een van die snaakste shorts wat ons in 'n lang tyd gesien het. Die twee grapgatte van Spanje se nuutste 15 minute lange skepping se se naam is Fist Of Jesus en ons wil nie te veel daaroor praat nie, want ons wil nie te veel weggee nie. So sonder om verder oor die ouens op te lees of te gaan soek waaroor die movie gaan, watse genre dit is ensovoorts, kyk dit eerder liewer self.
Ons het ook een van hulle eerste movies, Brutal Relax ook hieronder gegooi vir julle om te kyk. Dis net so fokken snaaks. Daai outjie is about ook so 15 minute lank, so geniet so tiep van 'n klein filmfees vandag op Watkykjy… Jy kan die ouens op Twitter ook volg.
Maar kom ons kokkenodge eerste Fist Of Jesus:
Brutal Relax:
Hierdie short gaan oor 'n omie wat 'n sielkundige gaan sien om sy humeur in toom te hou. Half predictable tune die shrink hom 'n vakansie te vat, te relax en kalmte oor homself te laat daal. Wat beter as 'n bietjie chill by die see? Dinge fok egter baie, baie lelik uit. Hierdie movie is fokken hillarious.
Dit is ook die movie wat hulle die nodige funding gegee het om Fist Of Jesus te maak.
Watkykjy staan op 3,103,999 post views in totaal sedert 1 November, 2019.