So week of twee terug het die Watkykjy crew saam met The Black Cat Bones uitgeslaan by Bassline in Joburg vir een van die weirdste maar coolste collaborations wat hulle tot dusver gedoen het.
Runaway Tain Cult het dinge afgeskop met 'n moerse lively set. Mens weet nooit regtig hoe groot hierdie band is nie, want hulle wissel tussen 8 en 18 mense op die stage deur hulle set, moontlik omdat hulle Radio Kalahari se side project is en daai ouens collab ook met alles wat 'n snaar of 'n dromstokkie inpak.
Hulle country, bluegrass en hillbilly vibes is moerse energetic en jy weet nie regtig waar om te kyk tussen die banjo's, ukulele's en bekfluitjies wat Dan Roberts uitruk, Wynand wat die viool pakslae gee of die bra wat rondruk met die upright bass nie, tot jou blik op Alicia van Dyk met die trekklavier val en jy haar stem hoor. Fok, wat 'n cute meisie. 'n Bruinkop Reese Witherspoon wat mooier as Reese Witherspoon is. Toioioing! (dis die geluid van 'n boner)
Hier is so klein stukkie video wat een van Dan se tjommies afgeneem het die aand. Dis nie great nie, maar sal jou hopelik 'n glimpse van die vibe gee:
Die Black Cat Bones het die stage volgende betree en daar is nie regtig iets wat mens kan mention oor die band se live performances wat nog nie iewers op die interwebs of in koerante genoem is nie. As jy by 'n Black Cat Bones gig uitslaan kry jy al jou geld se waarde terug, plus nog twee broeksakke vol kleingeld vir daai laaste drie doppe wat so lekker meng met hulle tunes.
Toe Kobus egter vir Zolani van Freshly Ground op stage nooi het die kak begin spat. Jirre, daai chick het pype. Vir so klein meisie? Aikona! Hulle het afgeskop met een van Freshly Ground se afro-pop tunes, "Take Me to The Dance" en dit verander in 'n blues-rock hit wat actually in 'n fokken music video behoort verander te word met muscle cars en 'n oop pad met hot cherries in stetsons. Net stetsons. OK, maybe boots ook.
Vandaar af het hulle die petrol oopgedraai en mens laat wonder hoekom Zolani en Kobus nie altyd blues en rock saam kan doen nie. Daar was genoeg chemistry tussen die twee om 'n nuwe reeks vir Breaking Bad te skiet.
By the way, hierdie is die Freshy Ground se tune, so imagine dit met befokte guitars, drums en what-what.
Soos die gig aangegaan het, het die mense op die stage ook meer geword. Runaway Train Cult se members het die storie kom join, daar was so paar extra bra's op African drums en alles het ge-culminate in 'n grand finale van Neil Young se "Keep On Rocking in The Free World."
Jirre, wat 'n fokken jol!
Hier is so paar kiekies deur ons fotograag, Henry Engelbrecht:
Watkykjy staan op 3,056,124 post views in totaal sedert 1 November, 2019.