Fok, ons het amper van julle kokkelolle vergeet hierdie jaar. ‘n Man raak bietjie besig, ek sê. Dis weer daai tyd van die jaar wat almal skiem hulle is boere en optrek plaas toe. Om met musiek te gaan boer, jy sien? Ons het die tips vir Oppikoppi virgins al ge-cover, so gaan check dit hierso
Dis hierdie jaar Oppikoppi se 20ste festival, Odyssey. Ons het ons in-house astrophysicists, Kuberkoos genader om vir ons so bietjie wiskunde te pleeg en hier is die sommetjies waarmee hy opgekom het:
- Twintig Oppikoppi’s laid end to end: taking a conservative 3days/Koppi you’d party for close on 2 months. the gestation period of a Wolf.
- Twintig Oppikoppi Festivals laid end to end: from Midrand you’d have driven over 8000km there and back. A distance equal to Joburg-Kampala-Joburg.
- Al die stages, al die mics, al die bands: genoeg soundcheck “testing… testing… 1-2, 1-2” om tot by 120000 te tel. (33uur se “testing 1-2 1-2”)
- Al die jare, al die mense het genoeg Oppikoppigrond onder hulle vingernaels en in orifices huistoe gebring om ‘n twee Nisan 1400 bakkies vol te maak (sonder om te oorlaai)
- Genoeg wetwipes gebruik om 7.5 regulasie grootte sokkervelde te cover (5.4 hektaar)
- Oor die tydperk van 20 Oppikoppi’s is ongeveer 760 kampstoele gebreek en net meer as R450000 se sonbrille verloor.
- Daar was ook tydens die laaste 20 Oppikoppi’s ongeveer 1300 troues, begrafnisse, dope en hofverskynings -uitnodigings van die hand gewys.
Raait, maar nou by die business at hand. Ons gee 5 tickets weg. Dis nie vyf tickets vir vyf random mense nie. Lees fokken mooi – dis vyf tickets wat ‘n groep van vriende kan wen. As julle inskryf as ‘n groep van twintig mense en jy wen, dan wen jy 5 single tickets vir jou groep vriende en jy moet kies watter van jou vier maatjies saam met jou gaan jol. Die lewe is soms fokken unfair.
Hier is hoe dit werk:
- Ons soek ‘n nice groepsfoto van jou en jou groep tjommies wat graag die tickets wil wen, maar dis ‘n groepsfoto met ‘n twist – ons wil sien wat jy saamvat Koppi toe, so raak creative – slaan sommer jou kamp op jou grasperk op en pak alles uit wat jy skiem nodig is om by Oppikoppi te survive. Nie fokken verlede jaar se Koppi se foto’s nie. Nuwes, wat jy binne die volgende twee weke neem.
- Punt twee is amper belangriker. Check, Saterdag is gewoonlik die dag by Oppikoppi waar almal hulle mooi-moois aantrek – daai special outfit wat jy eenkant hou vir die groot party. Dis al ‘n unspoken tradisie. Nou weet jy. Trek julle mooi-moois aan vir die groepsfoto.
- Omdat ons 5 tickets weggee, soek ons at least 5 mense in die foto. Julle kan fokken 100 mense ook wees, maar ten minste 5, want ons gee 5 tickets weg vir ‘n groep maatjies wat ons impress.
- Ons maak Maandag, 4 Aug 2014 die wenners bekend op Watkykjy en Twitter, so maak seker jy kry jou entry in voor dan. Jy het twee naweke om die befoktste foto te neem.
- Mail jou entry na griffin@watkykjy.co.za – dis die enigste manier om te enter.
- Jou entry moet vergesel word met die naam, van en ID nommer van elk van die 5 possible wenners.
- Jy moet 18 of ouer wees om in te skryf.
- Daar sal geen huilerige korrespondensie wees nie.
- Mag die beste groep wen.
- Amen.
Watkykjy staan op 3,083,276 post views in totaal sedert 1 November, 2019.