Van julle moes al weird drome oor diere (wat nie bestaan nie) gehad het wat daai simpel brein van jou vir een of ander rede opgemaak het in jou onderbewussein. Jy het 'n doodnormale dag gehad by die werk, bietjie TV gekyk terug by die huis na graft, gou gaan stort, jou toggos geskrop en dalk so bietjie spinnerakke in die shower gegooi, 'n Milo-tjie gemaak, jou tandjies geborsel en gaan lallies. Miskien 'n bietjie te veel rooivleis gehad met aandete want hier by 4am se kant word jy natgesweet penorent wakker en skree: "Fokof, twee meter lange Karel Kraai! Jy gaan my nie in die boude doen met daai enorme vleisgeweer nie!" voor jy saggies ween en die duvet oor jou opgetrekte kniegies trek.
Dis erg genoeg dat sulke freaky diere soms vir jou in jou nagmerries kom kuier, maar wees fokken bly dat hulle nie in regte lewe bestaan nie. Dank vader die dae van die dinosaurs is ook overs-kedovers, want jy sou gekak het, ou vriend. Kom ons kyk na so paar freaky diere wat goddank nie bestaan nie. Hey, maybe sal jy sommiges van hulle like…
Die Pikkepanda.
Sure, pandas is cute. Deur 'n verkyker of op die TV. En pikkewyne is alreads faktap diere wat skiem hulle kan soos mense rondloop in suits. Imagine hoe 'n pikkepanda jou in jou poes in sal waggel as jy per ongeluk op 'n nes vol eiers trap. Eiers wat so groot soos daai simpel oefenballe by die gym is… En imagine hoe 'n hele march of pikkepandas se kak moet lyk op die rotse of die strand?
"Wat is fout, Gawie?"
(Gawie lyk of hy skeerroom met 'n perserige marble effek van sy voete tot net onder sy nek het)
"Ek het in pikkepandakak getrap…"
Die eendbekperd.
Vind jy vir my 'n joggie wat op hierdie die ding se rug sal klim vir die Durban July. Of 'n cowboy wat braaf genoeg is om die eendbekperd in te breek. Die gedierte hoef net sy kop halfpad om te draai om jou eiers af te ruk met daai lang, plat snawel. En wat voer jy die fokken ding? Eende is omnivore en vreet enige iets van krappies tot visse, paddas, berries en slakke. Ek wil nie by wees as evolution inskop sodat die food chain onder hulle groter raak in size nie. Fokken een meter lange paddas en krappe? Fokken kwaak, my mou! Nooit. Nee dankie. Fair enough, die eiers sal fokken huuuge wees en jy sal mean-ass omelettes maak, maar ek sien nie kans vir die apocalyptic trade-off wat daarmee gepaard gaan nie.
Tierbudgies en gorillavoëls.
Hou verby. Sure, hulle lyk moerse cute as jy in 'n groep mense is wat voëlkyk in die botaniese tuine en hulle sit so hier en daar een-een op 'n takkie en kou aan 'n dassie wat hulle opgeraap het, maar in swerms is hulle soos Boko Haram. Jy wil eerder nie van hulle bestaan weet nie. 'n Kleinerige verlore swerm tierbudgies sal vir jou nekslagaar gaan terwyl die gorillabudgies rondvlieg en kywie hou en bloumoord skreeu. As hulle klaar is met jou ribbekas (hulle sal so cute binne-in jou rondhop en oulike chirp-geluide maak) sal die gorillabudjies aan die twee vrugte in jou broek begin smul.
Die varswater windhaai.
Inderdaad 'n kakgevaarlike kombinasie. As hy jou in die dam of die rivier gewaar is jy gefok, want mense swem op average 4.5km/h en windhaaie gaan haal hom hier by 8km/h. Wag dan maar erdeer dat hy jou sommer daar in die water kry, want jy is in elk geval gefok. Op droë grond klok hierdie outjie ongeveer 60km/h. 'n Spoed wat jy beswaarlik op 'n BMX sal haal. Die windhaai se dieët is ook ongelukkig enige iets met 'n hart, so net jou skoonma is safe…
Seehonde.
Hulle behoort skugter diertjies te wees en hopelik oor die algmeen skadeloos. Heel moontlik ook baie lojaal en vriendelik. En fokken dom. Die enigste probleem is dat jy by die see moet bly. Nie in 'n huis naby die see nie. By die see. Like, in 'n tent op die fokken sand twee meter van die branders af, want die seehond bly in die fokken see. Vergeet ook daarvan om te probeer balspeel met wagter, want hy sal in die see in verdwyn daarmee en jy sal hom eers heelwat later sien verskyn iewers op die rotse. Moontlik 'n maand later. Dit maak nie vir goeie interaktiewe speel nie. Seehonde maak ook baie kak waghonde, maar dit behoort nie vir jou 'n probleem te wees nie. Jy bly mos reg langs die see. In 'n tent. Wat kan jy possibly van materiële waarde besit? Jou fokken hippie.
Die krokonoster.
Hy byt jou fokken middeldeur en hardloop met jou bolyf weg, jou pap, lewelose arms al flappende, in die water water in. Die einde. Een positiewe aspek waarvoor krokonosters aangewend kan word is om die poaching van renosters te bekamp. Hulle sal poachers one-time opvreet. Die enigste probleem is dat hulle renosters ook sal opvreet en al wat sal oorbly is die horing. Soos meeste mense tekere gaan, gaan dit in elk geval net oor die horing.
*BUUURP!*
Daar's jou fokken horing. Doos.
Die kangaleeu.
Six-love, pappie! Het jy al gesien hoe 'n kangaleeu kan boks? Mike Tyson slaappil vibes. Hy moer vir jou koud uit en as jy wakker word hop daar so paar opgewonde welpies om jou rond. Ag kyk daar, enetjie sit nog in mamma kangaleeu se pouch. Cuuute! Moenie dink hulle gaan jou net doodbyt en dat dit genadiglik vinnig en relatief pynloos gaan oor wees nie. Hulle gaan eers vir jou pimpel en pers poes. En dan begin hulle aan jou tone knibbel. Die pappa kangaleeu mag jou moontlik try roofnaai ook. Slegte tye.
Olibrakke.
Hulle beweeg in troppe van tussen vyf en vyf-en-twintig rond. Die waghonde van die Krugerwildtuin. Moenie tussen die ma en haar kleintjie kom nie, want hulle gaan jou Polo omgooi en dan met jou wil speel. En met speel bedoel ons opfok en vertrap. Die mak tipes sal jy moontlik in olibrak sanctuaries aantref waar jy vir hulle medisyneballe gooi om mee te speel. So twee gooie en dit voel of jy vir 'n jaar lank draad getrek het. Onthou om gereeld arms te ruil. Onhou ook om fotos te neem.
Die skilperd.
Useless en stadige diere. Eintlik half meer annoying as 'n troeteldier. Jy sal merk dat wanneer jy die outjie buite in die tuin los en jy jou goose kamer toe vat om die gulpvrugpolka te gaan doen, dat hierdie meneertjie sy nek stadig sal lig tot net bokant jou vensterbank om te kyk wat julle doen. As jy hom wegjaag vat dit vir fokken ewig vir hom om te skuif. Dertig sentimeter verder kyk hy weer vir julle en dan het jy reeds jou boner verloor. Stupid skilperd. Ten volle uitgegroei, sal jy ook merk dat die onderkante van die bome in jou tuin weggevreet is deur die skilperd. Die enigste praktiese application waarvoor hulle aangewend kan word is moontlik time lapses te neem omdat hulle so fokken stadig en lank is. Strap 'n GoPro om daai nek vas…
Koenders.
Jy kan nie vir 'n kakker troeteldier vra nie. Hulle loop met hulle sterte in die lug rond met fok-jou attitudes, doen wat hulle wil, fok jou couches op met hulle naels en lê eiers die hele plek vol. Hulle loop in die aande rond in die buurt en fight met ander koenders. 'n Onaardse geluid. Hulle like ook heavy daarvan om ander wilde straatkoenders te naai. As jy weer sien is jou hele huis vol koenderkittens. Mag hierdie diere nooit surface nie. Facebook sal 'n fokken gemors van "cuteness" wees.
Watkykjy staan op 3,091,016 post views in totaal sedert 1 November, 2019.