Suid-Afrika het verander. Babas het mean motherfuckers geword. Hulle is harder. Babas kan hulleself in die tronk handle as hulle vir enige rede moet tronk toe gaan, want BabySoft het ‘n nuwe betekenis gegee aan presies hoe sag hulle vermoed babas behoort te wees. Hulle produk het agteruit gegaan, want jy kan nou jou baba se agterent met hulle skuurpapier afvee.
In plaas daarvan dat die verbruikers hulle gatte aan julle produk moet afvee, liewe BabySoft, vee julle julle gatte aan verbruikers af. Ons sal van nou af ‘n cheaper brand koop van hoër gehalte, want face dit, julle is een van die duurder kakpapiermense daarbuite. Julle sal dit nie glo nie, maar dis hoe besigheid werk: daar is kakbaie brands en produkte op die mark wat meeding om geld uit ons beursies te kry. As ‘n produk disappoint, hou ek verby en vat iets anders van die rak af. Soms cheaper, soms duurder. Jy check, ons beursies doen die praatwerk.
My goose het haar so ruk terug vererg toe sy een van julle 18 packs oopmaak en ontdek het dat een van die rolle 2-ply in fact 1 ply was. Ek het egter my kak verloor toe ons gister ‘n pak oopmaak en hierdie fokop ons in die gesig staar:
Dit kom straight net so uit die verpakking uit, so julle kan nie die blaam op Spar sit nie. Ek wil net weet hoedefok julle quality contol doen. Gooi julle die toiletrolle in hokke saam met dronk, aggresiewe katte? Behalwe dat drie uit die agtien rolle fucked is, is hulle sommer 1-ply ook. Dis failure rate van 16.67% in een verpakking.
Hoe moet ek my hol afvee as julle kakpapier so aan flarde is? Ek het ‘n fokken tandestokkie nodig om stukkies kakpapier en ketefbessies uit my hol uit te krap as ek daai faktap rolle moet gebruik. Nooit, ouens. Skaam. Even die Julius Malema kakpapier wat ons verkoop lyk beter en dis 3-ply. Fair enough, dis duur, miskien nie so sag of even sag op die oog nie, maar dis ‘n novelty kakpapier en ons claim niks anders as net dit nie. Ek gaan ‘n wilde raaiskoot vat en voorspel dat menigte Watkykertjies wat julle produk iewers op stand-by in ‘n kas het, nou gaan double-check of daai rolle double ply is en moontlik met groot verbasing in die negatiewe terugrapporteer.
Julle het ‘n redelike maklike besigheidsmodel. Een van die maklikstes op aarde, in fact – mense moet drie goed definitief doen elke dag van hulle lewens: hulle moet eet, hulle moet slaap en hulle moet kak. Julle target ‘n derde daarvan. Die kak. Mense gaan nie ophou kak nie, maar fok, ons het at least die keuse waarmee ons ons holle kan afvee en my keuse het vandag pretty much verander.
Goddank het ek hierdie voor volgende naweek oopgemaak, want my Mexikaanse vriend Hulio kom kuier Saterdag. Hulio is ‘n cool ou, maar hy verlang erg terug na San Poopietan of wat de fok sy tuisdorp se naam ook al is, so hy dring daarop aan om naweke eg Mexikaanse kos te maak en te vreet, selfs wanneer hy na ander mense gaan. Liewe Babysoft CEO, ek daag jou uit om na ‘n aand saam met Hulio níé vir ‘n dag lank elke tien minute toilet toe te hardloop en per ongeluk Spaans praat soos jy kreun nie. So in daai geval moet ‘n mens ‘n betroubare vriend hê, iets wat vir jou hol kan sê ‘Toooeeemaar, toooeeemaar’. Ek het gedink Babysoft sou daai vriend vir my hol wees, maar nou is my hol seer van die verraad. En van die voorgedagte aan hoe Hulio se spicy -bean taco voel as dit anderkant uitkom.
Maar meestal weens die verraad…
Watkykjy staan op 3,089,930 post views in totaal sedert 1 November, 2019.