Ons sit julle Watkykertjies se submissions hierdie week vir eers op ys (maar hou aan om dit in te stuur) om so bietjie van ons eie stock te post. Hierdie gaan 'n driedeel reeks wees met 'n videotjie aan die einde, hopelik. Ons was so rukkie terug Kriel te gewees vir die Swartgoudfees. Kriel is 'n vreeslike mooi plek.
Ons het meer vir die karre en die bikes gegaan as vir die "entertainment" vir die grootmense (poes aaklige Afrikaanse "musiekkunstenaars") maar die mense het mooi vir die kids ook ge-cater:
Wat is 'n karuitstalling in Kriel nou sonder 'n deftige Cortina?
En waar daar Cortinas is, sal daar 'n Chevy ook naby aan hom gepark staan:
Of dalk 'n classic Datsun 1600 in 'n tipe apocalypse oranje:
Voor ons by die ware marabse uitkom moet hierdie bike eers bietjie special mention kry. Dis deur 'n laitie opgebou (fok, hy kan nie ouer as 17 jaar oud wees nie) oor 'n tydperk van 'n jaar. 'n MBX 50 in 'n immaculate toestand. As jy hierdie bike op skool gery het, was dit 'n 100% given dat jy gerook het en dat jy gereeld naai gesocre het. Sommer met meisies wat klaar uit die skool was.
Dis nie moeilik om 'n Nissan Skyline zeffer te maak as wat hy reeds is nie. Daai ding se shape tender reeds vir ouens om 'n kraagkroon te groei. Office at the front, party at the back. Maar dit beteken nie jy hoef hom nie vol sound te stop nie.
'n Drukvlerk was ook gewoonlik nie verder as twee treë weg nie. En daai koffiefles in die agterruit is blykbaar nie nie NOS nie maar een of ander stabilizer om die sound te regulate.
En dan kry jy oudergewoonte karre met Illuminati tipe boodskappe en slegs die eienaar ken die geheim van sulke boodskappe:
Kyk, karre uit die land-before-time dae het amper almal louvres en bubbles gehad (vir die rook, jy check?) maar ons is nie seker wat om van hierdie te maak nie. Wat was nou eintlik die geskenk van god af gewees? Die louvres? Want daai is nie louvres nie, bra. Dis blinds. Blinds wat jy in 'n zef klein kombuisie kry. In 'n dwergie se huisie.
Oppad uit het ons hierdie klein bederfie in die parking lot aangetref. 'n Datsun 120Y in babapoefblou. Hierdie karretjies is yster en kort net 'n Watkykjy sticker:
Met nadere inspeksie moes ons egter die clip boards uithaal en punte aftrek, want dudes, so poesgroot bass bin hoort nie eintlik reg agter jou snotneusbaba se oortjies nie:
Watkykjy staan op 3,091,020 post views in totaal sedert 1 November, 2019.