Welkom by Watkykjy se Zef Zodiacs waar ons bietjie jou fortuin vir jou vertel. Eintlik gaan ons jou net kak gee en die Leviete vir jou voorlees. Ons hoop nie die waarheid maak te veel seer nie.
As jy tussen 21 Junie en 22 Julie verjaar, is jy ‘n krappie, hoor? Jy val binne die waterelement en ongelukkig vir jou word jy onder negatief en emosioneel ge-file, ma se oudste en enigste. Jou sterreteken lyk soos twee mense wat mekaar 69, maar dis iets wat jy nog nooit in jou lewe probeer het nie. Cancerians is gewoonlik medium gebou, die mans met ronde gesiggies en die vrouens met prominente tiete, wat dit veral lekker maak vir die res van ons om na te kyk.
Jy weet reeds dat jou gunsteling kleure wit en silwer is, want dis moontlik die kleur van die boring kar wat jy elke dag werk toe ry. Dis heel moontlik ‘n bakkie of ‘n Corolla. Jy weet dit seker nie, maar jy is veronderstel om weg te bly van Capricorns (steenbokkies) af – dis nou mense wat hier oor Kersfees se kant verjaar wanneer jy jou twee weke leave vat. Jy vat altyd leave oor Kersfees. Altyd. Want jy kan nie sonder jou familie wees nie.
Jy is ‘n baie sentimentele persoon. Nee, dis nie ‘n goeie ding nie, want jy is ook ‘n fokken hoarder. Dis vir jou fokken moeilik om ou kerskaartjies, briefies en even trafffic fines weg te donner. Jy hergebruik kookolie en foelie so veel as wat jy kan. Jy het moontlik ook ‘n Jiffy sakkie met jou eerste pubes iewers in jou huis weggesteek. Ek wed jou R100 dat jy ‘n hoop Rapport of Beeld koerante ook het wat jy nie kan wegbliksem nie.
Behalwe dat jy sentimenteel is, is jy ook ‘n baie emosionele persoon. Moontlik tot so ‘n mate dat jy huil elke keer as jy klaar gekom het. Maar jou liefdeslewe is orraait vir jou, skiem jy. Jy drop maklik geld op Valentine’s Day en baie daarvan. Valentine’s Day is jou baas, jy weet dit net nie. Wat jou liefdeslewe verder aanbetref is jy nogal ‘n kak eerste date. Jy moet jouself gewoonlik inhou om nie ‘n aar te bars nie, so erg wil jy oor familieplanne begin praat. Daai gesprek steek gewoonlik sy kop uit binne die eerste veertig minute, rofweg.
As jy gelukkig genoeg is met jou superkwaliteite van sentiment, jou dun emosionele draad en jy roer jou sensitiewe sludge ook by in die pot, mag jy dalk net score. Gewoonlik met iemand wat min of meer dieselfde tyd as jy verjaar. ‘n Ander krappie. Wat is nou lekkerder as om saam te grens as julle in harmonie kom voor die kaggel op die zebravel, huh? Ag lekker man…
Moenie worry nie, jou tipe is heavy maternal en paternal – dit beteken dat jy baie goed is met kinders wat jou opsigself ‘n goeie ouer maak, alhoewel die definisie van “goeie ouer” maar ‘n baie subjektiewe sakie is. Check, omdat familie vir jou so groot issue is en jy ‘n hoarder is, kan mens nie check watse brand jou yskas is nie omdat jy dit vol kinderkuns geplak het. Jou huis is ook vol kakkies: snow globes met foto’s in, biddende hande, verbronsde babaskoene en meer as een opgeblaasde familiefoto met daai geblurde agtergrond wat secure in sy goue raam hang iewers teen die sitkamermuur. Omdat jy sulke hegte familiebande het is die kans ook baie goed dat jou kinders steeds by jou woon, afgesien van die feit dat hulle reeds in hulle dertigs is en nie rent betaal nie. Fair enough, jy lees hierdie dalk nou as ‘n non-Cancerian met die ontnugtering dat jy sopas uitgevind het hoekom jy so lank in die flat op die erf mag bly. Mamma en pappa is krefies.
Troos jouself aan die feit dat jy nie regtig baie fight nie. Veral nie met… ja, jy het reggeraai – familie nie. Daai oom wat al tien jaar lank uit die tronk is en heeltyd in die kak is met skille sal jou altyd ry vir nog geld. Ja-nee, familie is fokken belangrik. In fact so belangrik, dat jy die enigste ou is wat begin het om ‘n familie stamboom op die internet te skep. Vandaar ook die moerse brandende begeerte om stories van die verlede aan te pass na die volgende generasie. Jy like die verlede fokken kwaai, even al is jy in jou twintigs. Lekker boring “old soul”, huh?
Jou vriendekring is poesboring en klein. Jy like dit om soveel tyd as moontlik by die huis deur te bring en Rummy, Cluedo, Trivial Pursuit of Monopoly te speel. Aandetes by jou huis is net die piel vir Sannie. Soms raak jy waaghalsig en braai. Soms. Whoohoo!
Maar hey, jy is ‘n goeie mens, man. Kyk, mens kan jou nie te veel kritiseer nie want jy internalize daai tipe kak te veel en al wat jou hartjie kan regmaak is tyd, so kom ons address jou positiewe aspekte ook. Wel, at least een. Jy werk fokken hard. Miskien nie van die huis af soos jy graag sal wil nie, maar jou job by die hospitaal, die SPCA of die koerant (twee dae van die huis af vir nou) maak jou happy. Indien jy wel van die huis af werk is jy heel moontlik ‘n suksesvolle besigheidspersoon en jy werk fokken goed met geld. Jy spaar geld, jy invest dit met ‘n deurdagte plan en fyn berekening. Daar is nie juis plek vir zak splash op fun dinge nie. Jy is presies die teenoorgestelde van “die ou met die meeste speelgoed wanneer hy vrek, is die wenner“.
Jy vat alles graf toe saam met jou. Jou geld en al jou geheime.
Ten minste is jy nie alleen nie. Die volgende celebs is ook heavy krappe. Nouma lekker verjaar, hoor!
Tom Hanks
Tobey Maguire
Tom Cruise
Vin Diesel
Ricky Gervais
Will Ferrell
Sofia Vergara
Watkykjy staan op 3,085,446 post views in totaal sedert 1 November, 2019.