Hoezit!
Aangesien julle gereeld cool artikels oplaai van konserte daardie kant, dog ek maar dat ek vir julle dieselfde kan doen, van hierdie kant. Ek en vroulief was die ander aand by die Sonisphere 2014 konsert in Hamburg (dis nou in Duitsland vir die van julle wat Aardrykskunde gepluk het). Daar het Ghost, Mastodon, Slayer en Metallica 'n moerse makietie opgeskop. Onnodig om te sê maar dit was n superawesomecoolmoerselekker experience. Behalwe die prys van bier, daaroor kon mens huil.
Slayer het lekker die hol uit die hoender geruk gerock met kief tunes soos World Painted Blood, Captor of Sin, War Ensemble, Raining Blood ensovoorts. Die setlist kry julle hier. Om eerlik te wees, die ou ballies sal enige tyd die mat onder die voete uitruk van jonger metal bands. Hail Slayer!
Metallica se konsep was hierdie keer dat ons, die fans, die setlist mag kies. Nice! As per usual het hulle nie ge-dissapoint nie. Amper twee ure lank het die ouens gerock. En volstoom! Hulle het reg aan die begin die atmosfeer geskep, en die spoed van klank gebreek, met treffers soos Battery, Master of Puppets, Welcome Home (Sanitarium). Jirre, en dit was net die begin! Die res van die setlist kry julle hier.
Daar was selfs 'n couple agter ons wat ge-langarm het met Enter Sandman! Mens kry zef orals. You can´t cure zef!
Vroulief het vir julle 'n paar kiekies gevat om uit te check. Anyway, all-in-all was dit 'n amazing experience en dit kon net beter gewees het as julle, die Watkykertjies, ook daar was!
Cheers!
Dwarf Vader
(May the Wurst be with you, always)
Watkykjy staan op 2,932,371 post views in totaal sedert 1 November, 2019.