Deur Chris Kreef
Datum: Saterdag 24 Mei 2014
Venue: Tankwa Tented Camp, Karoo
Event: Tankwa Bike Burn #1
Gig fee: yes!
Iewers in Februarie kry ek ‘n inbox op ons Facebook page van Henk van Niekerk van Zulu Overland, Bodemloos Teater Restaurant en mede-eienaar van Tankwa Tented Camp: "Ons hou ‘n adventure bike rally en ons sal like as die Witzenbergies kom jol."
Na ‘n paar onderhandelings het ons eie Maggie (spreek dit uit ‘Miaggi’ soos in Karate Kid) die deal geseal. Ons kry bucks vir drie bakkies en elkeen vyf bloues, ‘n matras in ‘n tent. En ‘n donkieshower en ‘n spoelkakhuis. En hy’t ‘n klomp powered speakers, ‘n mixer en skoon gennie-krag. En daar kom ‘n klomp adventure bikers. Shot aan ons rhythm guitarist crooner, Jannie Theron, wat vir ons hierdie connection gemaak het op een van sy vele bike trips!
Befok! Ons het ‘n paying gig en ons gehoor is nie doos-bikers by ‘n rally iewers in ‘n kak dorp se parkie waar dronk dose hulle bikes rev tot dit pop en in crowds in crash as hulle dronk wheelies in die hoofstraat gooi sonder pro-fokken-tective gear nie. Dis adventure bikers, ouens met respek vir moeder aarde en haar suigkrag. En haar mooi ass.
Twee klasse bikes, check ons op die Alfie Cox poster: ’Dual’ – daai motherfucker groot bikes wat lyk soos ‘n scrambler maar as hy om-moer tel jy hom nie ‘n fok op sonder ‘n paar vriendelike ekstra PB hande nie. En dan is daar die ‘plastics’ – offroad bikes met moerse shocks vir jumps en shit en hulle cool fittings is gemaak van, you guessed it – plastic. Befok. Geen fokken Harleys op treilers nie. Ons het sommer begin rehearse aan twaalf ektra rock standards soos Suzi Q, Dead Flowers en Johny B Goode.
En Alfie fokken Cox! Jirre ons gaan vir Alfie Cox in lewende lywe check! Almal wat al ooit ‘n bike kanaal raak gesurf het op TV weet, Alfie Cox is die dude. Hy’t al alles gewen, insluitend die Roof Of Africa, like 7 keer. Fok, hy’t al die Dakar ‘n paar keer gery. Ek is nie seker hoe goed hy daar gedoen het nie, maar ek weet dit: Sy Wikipedia page is in French bra! impressive.
Ons was in ‘n oorgangsfase tussen guitarists, met Kaalvoet wat gat loep vrou vat het in Sodom en die nuwe bloed Jake Gunn (Groenie) wat sy voete vind tussen ons klomp ou toppies in die band (hy tune nogal ons is die ouetehuisband as hy gesuip raak). Ons maak toe ‘n parting deal met Kaalvoet dat hy op sy baas se tjekboek sal afvlie en die gig kom speel saam met Groenie. Six piece ek sê en 35 songs op ons lysie. En ons vat ons girls saam. Lekker bonding en bietjie discipline met eet ook, nie net drink nie.
Ek en my mooie Tania, en Groenie gooi toe vir Henk ‘n elf-steak add-on request. Sal dit OK wees as ons like ‘n dag of 2 vroeër kom? is daar (free) slaapplek?
"Ja" op facebook, sonder aarsel. En daar pak ons Groenie se bakkie met kitaar, drumkit, klere en drank. En varkchops vir Vrydagaand braai. Deur Ceres, anderkant uit en woep, grondpad. As jy nog dink om gou jou laaste call te maak voor jy dalk sein verloor, is dit te laat. Fokol sein, soos in nul. Vir die volgende 4 dae afgesny van die wêreld van Facebook wat jou vra, ‘what’s on your mind?’ O fok.
Twee biere en ‘n halwe splif later stop ons by die Tankwa Padstal. Tania check die inlê en curios uit en ek en Groenie is reguit in die kroegie in. "Het jy koue bier meneer?"
"Ja, maar nie so koud soos die tequila nie."
Enter left stage ons eerste nuwe bra, die rustige, vriendelike en super pittige, kurkdroë Wally. Heavy cool shit vir phodies op ons dooie fone, ‘n paar biere en ‘n shot moonshine later, toe is ons poer in ons moer laat vir ons afspraak met Henk vir ‘n sunset cruise by Tankwa Tented Camp.
Nietemin, ons ry die laaste 60 k’s saggies en arriveer in die donker by TTK. Tania sit agter tussen die kit (sy verkies soms om nie met actual humans hoef te praat vir ‘n ruk nie) met haar Janis Joplin headphones stewig in haar ore. Met die geskud op die klip-pad het die kit begin ommoer, met Tania wat keer dat haar haarstyl nie herdoop word as die Ziljian-bop nie. So stop ons by ‘OnverklaarBar’ met ‘n gejuig en ‘n moerse warm reception. Ek en Groenie groet nog ewe die nuwe mense, toe hoor ons gasheer Henk ‘n geklop vanuit die binnekant van die canopy. Tania sit met ‘n Zildjan safe op haar kop en hoor die deur gaan oop. Sy skiem dis haar oulike man, Chris Kreef en tune van onder die simbale: "Jy pak soos ‘n poes!” Henk pis hom amper net daar papnat soos hy lag vir hierdie chick wat so swets. Min wetend Tania het in Tulbagh grootgeword, waar poes nie as ‘n vloekwoord beskou word nie, maar meer as ‘n leesteken – die komma to be exact. Henk het vir die res van die naweek met groot genot vertel hoe hy vir Tania ontmoet het – "jy pak soos ‘n poes!"
Klaar half gesuip, strompel ons direk in die bar in waar die Tankwa crew ons met ope bottels ontvang. Laat ons toe maar vir ons meesleur, of soos die een oom gesê het "Ons sit ons toe maar nie meer teë nie". Heerlike special muffins, massas brannewyn, ‘n hele regiment tequilas en Henk se befokte cool tunes op die speakers, dawer ons die middernag in met verskeie uniforms en ander dress-up gear beskikbaar in hierdie befokte klein klip-kroegie. Ons vind ons tente fokweethoe, ek eindig met Groenie se duvet, Groenie moer rond sonder ‘n torch en toe voel ons vir die eerste keer hoe kont-koud die karoo kan raak in die nag.
Vrydag word ons wakker met klop-koppies en besluit toe sommer dadelik "vandag gaan ons groot!" Die res van die band kom eers Saterdag voor die gig, so ons moerit hard laat ons Saterdag fresh en sober is vir die gig. Ons mentor/teacher/hero, uncle Rob Nagel sal ons soos biltong opkerf as ons rondfok op gig-dag. Met Willie Nelson op die kar se CD move ons deur die Afrika Burn site. Fokken amazing wat ‘n hippie op ‘n mission kan afpull! Vrydagaand was een moerse blurrr, so fast forward na Saterdag net voor lunchtyd, toe ons wakker word…
Gustav, Kaalvoet en Rob arriveer eers mid-afternoon. Ons set alles op en plug alles in en wag vir die gig. Die bikers kom stuk-stuk, soms in meer as een stuk, terug van hulle day-ride af. Lyk soos ‘n lekker klomp mense. Ons het besluit om drie lekker lang sets te doen met die eerste een lekker strong, die tweede een effe rustiger en die derde set moer ons dit hard (na ‘n tequila of twee tydens die dinner break).
Die ou en nuwe guitarists vind mekaar sommer vroeg in die eerste set, die stage sound fokops sort ons uit net voor die einde van die eerste set (die stage was daai oggend gebou uit ‘n ou bakkie en ‘n klomp ander platforms en hout. Vyf verskillende vlakke, drummer heel bo natuurlik, ahem..)
In die helfte van die tweede set waarsku Henk: "OK ouens, daai mic-stand en amp van Groenie moet dalk so effe na links skuif!" Ou Groenie se oë soos pierings, gryp hy sy darling amp en net betyds spring hy op die drum-rise. Alfie Cox, op ‘n KTM 1200, jaag by die tent in, op teen die trappe van die stage en (presies daar waar Groenie sopas amper ‘n skrik-drol gelos het) trek hy briek vas en laat loop met daai brullende 1200. BURN OUT op die hout stage. Ons jol nog, maar toe Rob sy ore toe druk, Groenie sy broek skoonhou en die bike harder brul as die Fenders, toe stop ons maar vir ‘n rukkie. Nie lank nie, toe trek die rook, en sekondes later – VLAMME! Befok! Hoe fokken meer rock ‘n roll kan jy imagine? Alfie apologise, reverse sy bike af by die trappe, Henk gooi die vlamme dood met ‘n brannewyn en coke, Groenie re-position homself, sy mic-stand en sy amp, Rob trek sy vingers uit sy ore uit, gee ons ‘n halwe skuins kyk en met ‘n smile tune hy: "A-one, a-two, a one-two-three-four en daar gaat ons met dieselfde tune aan waar ons opgehou het. Die crowd raak mal en die bar anderkant loop leeg soos die bikers kom dans en fluit vir die lekker tunes. "Witzenbergies! Witzenbergies!"
Wat ‘n befokte experience.
Na die gig val ons toe nou maar goed uitmekaar uit, veral ek en Groenie. Harpdog Bob is nie ‘n drinker nie (meer van ‘n danser), Gustav en Kaalvoet moet vroeg lughawe toe move (free flights is altyd op die kakste tyd!), so toe represent ek en Groenie maar tot so 4am toe ons Tania se varkchops (spesiaal gesave vir Sondag lunchbraai) probeer braai op die bonfire wat presies omtrent nagenoeg ‘n halfuur voorheen morsdood verklaar is.
Ons skrik wakker Sondag met die wete dat uncle Rob self die speakers en kitare in sy bakkie moes gaan gelaai het. O poes, nou is ons in die kak. Ons hang toe maar nog ‘n ekstra daggie uit saam met Henk, JP en die res van die Tankwa crew. Vroeg aand bed toe, vroeg Maandag op en uit en padvat. ‘n Laaste vashaak by die padstal en toe ons die teerpad tref net voor Ceres, kom ek vir die eerste keer agter dat ek ‘n foon het. Ek los hom toe sommer af vir die laaste uur Tulbagh toe, net omdat ek kan.
Ons is sommer direk weer geboek vir volgende jaar vir die 2de Tankwa Bike Burn. Wat ‘n befokte klomp mense, wat ‘n befokte gig!
Watkykjy staan op 3,091,023 post views in totaal sedert 1 November, 2019.