Vandag se short film is eintlik vier videos van so 9 tot 15 minute lank elk. Ons plaas al vier omdat dit deel uitmaak van 'n befokte reeks waaraan Kirby Furgeson gewerk het vir net so oor die twee jaar. Everything is a Remix kyk na musiek, film, innovations en "system failure". As jy dit moet opsom in 'n quote, kan ons Pablo Picasso aanhaal: "Good artists copy but great artists steal"
Wat die kunstige ballie daarmee bedoel het was dat almal beinvloed word deur wat reeds voor hulle tyd gebeur het. Om iets te copy is bloot om iets te dupliseer soos wat dit reeds is. Om iets te te steel is om 'n idee te vat en dit jou eie te maak. Ons praat van idees, nie die Uno Turbo oorkant die pad wat jy wil fokken hotwire nie. Maar laat ons nie te fokken diep raak op so mooi Saterdagoggend nie. Check eerder die hele reeks. Dit sal bietjie jou brein minder laat misfire. Dis ook poes interesting. O ja, en as elke episode se credits begin rol net voor die einde, hou aan kyk – daar is 'n lekker nagedagtetjie ook – Kill Bill is byvoorbeeld een van die grootste copies in die movie industrie sover…
Deel 1
Deel 2
Deel 3
Deel 4
Watkykjy staan op 3,085,557 post views in totaal sedert 1 November, 2019.